Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Pichot verlaat Wêreldrugby ná nederlaag

Die Argentyn Agustin Pichot het Wêreldrugby in reaksie op sy nederlaag in die organisasie se onlangse presidentsverkiesing die rug toegekeer.

Pichot het nie net bedank uit sy rol op Wêreldrugby se raad nie, maar ook as die president van Amerikas-rugby, het die Argentynse Rugbyunie (UAR) Woensdag gesê.

Hy het voorverlede week 23 stemme in Wêreldrugby se presidentsverkiesing gekry, teenoor die 28 wat die Engelsman Bill Beaumont ontvang het.

Agustin Pichot / Foto: Getty Images

Pichot het vier jaar onder Beaumont as Wêreldrugby se vise-president gedien voordat hy besluit het om die warmste stoel in die sport te probeer bekom.

Die 45-jarige oud-Poema het die steun van al die Sanzaar-lande, Suid-Amerika en Asië gehad nadat hy beloof het om grootskaalse veranderinge te maak. Dit was egter nie genoeg nie.

“Ek het besluit om nie voort te gaan as die UAR se verteenwoordiger op Wêreldrugby se raad van lede, of as ’n lid van die organisasie se raad, of as president van Amerikas-rugby nie,” het hy in ’n verklaring gesê.

“Die enigste rede waarom ek deel was van die organisasie en my vir die presidentskap verkiesbaar gestel het, was omdat ek glo dat Wêreldrugby moet verander.

“My voorlegging, waarin ek met alles in my geglo het, is nie aanvaar nie. Daarom het ek besluit om weg te stap. Ek kan nie sommer net in ’n posisie bly nie.”

Onder Pichot se voorgestelde planne was die stigting van ’n Nasiesliga, wat die Sesnasies en Rugbykampioenskap in een kompetisie sou verenig.

Hy wou ook die Britse en Ierse Leeus se voetspoor vergroot deur hulle op toere na Noord- en Suid-Amerika te laat gaan. – Reuters

Meer oor:  Bill Beaumont  |  Toetsrugby  |  Wêreldrugby  |  Superrugby  |  Agustin Pichot
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.