Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Pienaar gaan nog lank vir die Kolkatte speel
Die strydros Ruan Pienaar gaan nog minstens tot die einde van volgende seisoen vir die Cheetahs beskikbaar wees. Foto: Gallo Images

Die Cheetahs se kaptein, Ruan Pienaar, sal minstens vir die volgende twee Curriebeker-reekse nog vir hulle beskikbaar wees.

Die 37-jarige Springbok-skrumskakel gaan sy kontrak volgens die Cheetahs tot die einde van Oktober 2022 verleng.

Die veteraan was uitstaande vir die Vrystaters nadat hy in 2019 teruggekeer het “huis toe.” Hy het dieselfde jaar die Curriebeker saam met hulle gelig.

Pienaar was die afgelope seisoen lank op die kantlyn met ’n kniebesering, wat hy in tweede Superrugby Unlocked-wedstryd teen die Bulle in Bloemfontein opgedoen het. Hy het die res van die reeks sowel as die Curriebeker-reeks weens die besering misgeloop en toe in die voorbereidingswedstryd teen die Stormers in Kaapstad uiteindelik as plaasvervanger tot die spel teruggekeer.

Pienaar het gedurende dié reeks, kort nadat CJ Stander van Ierland sy uittrede aangekondig het, gesê hy geniet die spel steeds baie.

“Ek geniet dit steeds om soggens wakker te word, te gaan oefen en al die uitdagings wat met die voorbereiding vir wedstryde gepaardgaan.

Jy wil uiteraard waarde toevoeg en steeds wanneer jy op ’n Saterdag speel, voel dat jy die beste in jou posisie is.
Ruan Pienaar

“Jy wil uiteraard waarde toevoeg en steeds wanneer jy op ’n Saterdag speel, voel dat jy die beste in jou posisie is.

“Ek kan hopelik aanhou om nog vir ’n ruk langer te speel.”

Die Cheetahs het verlede week aangekondig dat die kontrakte van ’n paar spelers verleng is.

’n Paar nuwelinge is bykomend gekontrakteer. Nog ’n naam of twee kan die komende week aangekondig word.

Die Cheetahs se afrigter, Hawies Fourie, het intussen gesê dat Mihlali Mosi, agtsteman van die Madibaz, wat vir hulle tot dusver in die Varsitybeker-reeks uitgeblink het, ook op pad na Bloemfontein is.

Meer oor:  Ruan Pienaar  |  Bloemfontein  |  Curriebeker  |  Rugby  |  Skrumskakel  |  Cheetahs
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.