Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Pienaar pure goud vir VS in Mbombela
Benhard Janse van Rensburg gaan oor vir sy tweede en een van die Vrystaat-Cheetahs se ses drieë teen die Pumas in Mbombela. Foto: Gallo Images

Lekker hardlooprugby is Saterdag in Mbombela gespeel waar die Vrystaat-Cheetahs die Pumas met 43-37 in ’n Curriebekerwedstryd geklop het.

Met dié oorwinning het die Bloemfonteiners hul plek in die halfeindronde bespreek.

Die ervaring van die oud-Springbok-skrumskakel, Ruan Pienaar, wat sy eerste drie in ’n Vrystaat-trui gedruk het, was pure goud. Hy het met sy algehele vertoning gewys hoekom hy reeds 88 keer vir die Springbokke gespeel het.

Om nie eens te praat van die alomteenwoordige senter Benhard Janse van Rensburg (Speler van die Wedstryd) se skitter-vertoning nie. Hy het twee drieë gedruk en sy werkverrigting was van hoogstaande gehalte.

NELSPRUIT, SOUTH AFRICA - AUGUST 17: Ruan Pienaar
Ruan Pienaar / Foto: Gallo Images

Die Vrystaat het die soort rugby gespeel wat hulle hul ondersteuners belowe het, nou moet hulle dit net volgende week in Bloemfontein teen die Westelike Provinsie herhaal.

Die Pumas het rustyd met 22-17 voorgeloop en het dit verdien ná drie pragdrieë, twee deur die senter Alwayno Visagie en ’n vyfpunter deur die heelagter Devon Williams.

Visagie is in die tweede helfte oor vir sy driekuns, maar dit was nie genoeg vir ’n oorwinning vir die Pumas nie.

Janse van Rensburg en die heelagter, Clayton Blommetjies, het in die eerste helfte vir die besoekers gedruk.

Die Pumas het gewys dat hulle met die groot honde kan saamblaf, net jammer dat ’n paar wedstryde vroeg in die reeks nie na hulle kant toe geswaai het nie.

Die Vrystaat-kaptein, Tian Meyer, het uit posisie uit goed vertoon op vleuel en kan tevrede voel. Dit was juis sy onderskep wat tot Pienaar se drie gelei het.

Die Vrystaat sal dalk die eerste helfte wil vergeet. Hulle was nie swak nie, maar foute het verhoed dat hulle die Pumas vroeg reeds gebêre het.

Die agttalle het mekaar soos verwag behoorlik opgekeil, maar die ervaring aan die Vrystaat se kant, was teen die einde die deurslaggewende faktor, veral toe die plaasvervangers opgestuur is.

Die Vrystaat sal ná Saterdag se oorwinning stert in die lug na Bloemfontein terugkeer, terwyl die Westelike Provinsie sonder twyfel sy Springbokke, wat Saterdag teen Argentinië gespeel het, sal inspan om seker te maak hulle haal die halfeindstryd.

Volgende Saterdag se stryd in Bloemfontein kan die taaiste in vanjaar se Curriebekerreeks oplewer.

* Puntemakers:

Vrystaat-Cheetahs 43 (17): Drieë: Benhard Janse van Rensburg (2), Clayton Blommetjies, Ruan Pienaar, Jasper Wiese, Louis Fouché. Doelskoppe: Fouché (5). Strafdoele: Fouché (1).

Pumas 37 (22): Drieë: Alwayno Visagie (3), Devon Williams, Jeandré Rudolph. Doelskoppe: Chris Smith (3). Strafdoele: Smith (2).

Meer oor:  Pumas  |  Vrystaat-Cheetahs  |  Curriebeker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.