Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Pieter-Steph nou in Naas, Habana se klub

Die Swartlander Pieter-Steph du Toit is nogmaals vereer en is Suid-Afrika se Rugbyspeler van die Jaar vir 2019.

Pieter-Steph du Toit is vir ’n derde keer as Suid-Afrikaanse rugby se Speler van die Jaar bekroon. Foto: Gallo Images

Du Toit is verlede jaar ook as Wêreldrugby se Speler van die Jaar bekroon nadat hy die Springbokke gehelp het om die Webb Ellis-beker in Japan omhoog te hou.

Dié Springbok-flank sluit hom hiermee by Naas Botha en Bryan Habana aan as die enigste spelers in die geskiedenis van Suid-Afrikaanse rugby wat dié eer ’n derde keer te beurt val.

Du Toit is ook in 2016 en 2018 as die voorste speler in Suid-Afrikaanse rugby aangewys.

Die ander benoemdes was Damian de Allende, Cheslin Kolbe, Makazole Mapimpi en Duane Vermeulen.

Rassie Erasmus en die Bokke is ook vereer vir die span se droomseisoen in 2019.

Die Bokke het die Wêreldbeker-toernooi en Rugbykampioenskap gewen en het as Wêreldrugby se Afriger- en Span van die Jaar weggestap.

Die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) vereer hulle met dieselfde pryse.

Handré Pollard (Superrugby-speler van die Jaar), Siviwe Soyizwapi (Sewesspeler van die Jaar) en Joseph Dweba (Curriebeker-speler van die Jaar) het van die ander vername pryse gewen.

Meer oor:  Naas Botha  |  Bokke  |  Bryan Habana  |  Toetsrugby  |  Springbokke  |  Pieter-Steph Du Toit  |  Wêreldbekerrugby  |  Saru
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.