Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Pieter-Steph du Toit uit vir res van jaar
Pieter-Steph du Toit vir die Stormers in aksie in ’n kragmeting met die Jaguares. Foto: Gallo Images

Die Stormers en Westelike Provinsie gaan na verwagting vir die res van die jaar sonder die Springbok-flank Pieter-Steph du Toit oor die weg moet kom.

John Dobson, die Kapenaars se afrigter, het aanvanklik gehoop dat hy van einde Oktober weer op die dienste van Wêreldrugby se Speler van die Jaar sou kon staatmaak, maar het Maandag, op ’n aanlyn nuuskonferensie gesê dat die prentjie nie meer so rooskleurig lyk nie.

“Dit lyk nie asof Pieter-Steph weer hierdie jaar gaan speel nie,” het Dobson gesê.

Du Toit het in die Stormers se wedstryd teen die Blues op Nuweland vroeër vanjaar ’n hematoom opgedoen, wat ontwikkel het in akute kompartement-sindroom. Hy moes ’n noodoperasie ondergaan waar daar deur ’n spier gesny is.

“Die goeie nuus is dat die spier regenereer. Was dit nie die geval nie, kon sy loopbaan in die gedrang gewees het.”

Die goeie nuus is dat die spier regenereer. Was dit nie die geval nie, kon sy loopbaan in die gedrang gewees het.
John Dobson

Intussen word verwag dat Siya Kolisi, die Bok-kaptein, vir twee tot drie weke buite aksie gaan wees met die dyspierbesering wat hy Vrydagaand teen die Pumas opgedoen het.

Nama Xaba, wat hom sou vervang het, het ’n seer enkel en Jaco Coetzee sal moontlik die nr.6-trui Saterdag teen die Bulle dra.

Damian Willemse, die Stormers se voorkeur-losskakel, keer ook vandeesweek terug.

Meer oor:  John Dobson  |  Siya Kolisi  |  Pieter-Steph Du Toit  |  Kaapstad  |  Beseer  |  Springbok  |  Stormers  |  Flank  |  Seisoen  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.