Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Pieter-Steph sê nee vir Bulle se groot lokaas

Die Westelike Provinsie het uiteindelik sy uitgerekte kontrakteringsproses agtermekaar gekry om sy voorste spelers in die unie te hou.

Rapport verneem daar is Donderdag op ’n raadsvergadering van die WP goedkeuring gegee om skriftelike kontrakte te gee aan die spelers wat die Westelike Provinsie wil behou.

Pieter-Steph du Toit

Dié spelers het dit nog dieselfde dag ontvang.

Daar was die afgelope maand onsekerheid oor spelerskontrakte, met die WP wat sedert 1 Julie gesloer het om skriftelike aanbiedinge aan sy spelers te gee.

Dit het tot groot ongelukkigheid onder spelers en agente gelei, maar dit lyk of die probleme uitgestryk is.

Onder die spelers wat uiteindelik hul skriftelike aanbiedinge gekry het, tel die Springbok-kaptein, Siya Kolisi, en sy Bok-maats die flank Pieter-Steph du Toit en haker Bongi Mbonambi.

Kolisi het hom glo reeds tot die WP verbind, terwyl Du Toit ook aangedui het dat hy in die Kaap gaan aanbly ondanks die feit dat daar groot jag op hom gemaak is vanuit Pretoria.

Alfons Meyer, die Bulle se uitvoerende hoof, het reeds toe die Bulle hul Curriebeker-wedstryd teen die WP op Nuweland gespeel het, aan die Kaapse base gesê dat hulle warm op die spoor van Du Toit is. Hulle wou hom glo met ’n kontrak van etlike miljoene rand na die Jakarandastad lok.

Du Toit het egter die versekering gegee dat hy in die Kaap gaan aanbly.

Daar heers egter onsekerheid oor die toekoms van Mbonambi met ’n paar ander unies wat die woelwater-haker uit die Kaap probeer lok.

Met jongelinge soos Juarno Augustus, Jaco Coetzee, Johan du Toit en Cobus Wiese en die ervaring van Kolisi en Pieter-Steph du Toit, is die Kapenaars goed gepantser in dié afdeling vir volgende jaar se Superrugby-reeks.

Spelers soos Coetzee, die Bok-skrumskakel Herschel Jantjies en Bok-stut Wilco Louw het reeds verlede jaar hul kontrakte met die WP verleng.

Die Streeptruie se sewesbrekers, Ruhan Nel en Seabelo Senatla, het soos in die verlede drieledige kontrakte wat hulle sal toelaat om sewesrugby te speel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.