Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Pieter-Steph sê nee vir Sale Sharks

Pieter-Steph du Toit bly vir eers ’n Stormer.

Du Toit

Vir hoe lank nog, is egter ’n ope vraag, al het dié Bok-yster 'n aanbod om hom by die Engelse klubspan Sale Sharks aan te sluit, van die hand gewys.

Die blondekop-flank, wat die afgelope week vir die tweede keer die afgelope drie jaar as die land se Speler van die Jaar aangewys is, het egter ’n magiese aantrekkingskrag vir oorsese klubs en die aanbiedinge van oorsee sal bly inrol om hom te werf.

Sy nee vir die Sale Sharks het egter ook ’n bietjie hoop gegee dat hy tot ná 2021 se besoek van die Britse en Ierse Leeus by die Stormers sal aanbly.

Die werkesel se besluit of hy nog ná vanjaar se Wêreldbekertoernooi sy rugby in Suid-Afrika sal speel, kan grootliks afhang van die fynere detail van die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) se planne met wedstrydgeld of na­sionale kontrakte vorentoe. Dít word nog deur Saru en die franchises bespreek, hoewel dit blyk dat die dae van Bok-kontrakte getel is.

Du Toit is een van die Bokke met ’n gesamentlike Bok-kontrak. Die kontrakte eindig ná vanjaar se Wêreldbeker.

Hy is slegs die vyfde speler sedert 1992 wat die prestigeryke eerbewys as SA se Speler van die Jaar meer as een keer kon verower.

Die ander spelers wat dit vermag het, is Bryan Habana (2005, 2007, 2012), Schalk Burger (2004, 2011), Jean de Villiers (2008, 2013) en Fourie du Preez (2006, 2009).

Die 26-jarige Du Toit het sy Bok-spanmaats Aphiwe Dyantyi, Franco Mostert, Handré Pollard en Malcolm Marx om die eerbewys uitgestof.

Meer oor:  Stormers  |  Sale Sharks  |  Pieter-Steph Du Toit
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.