Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Pine Pienaar soek goeie gees by Bulle
Die Bulle-flank Jannes Kirsten het Saterdag 17 duikslae teen die Jaguares uitgevoer. Foto: Gallo Images

Mei lê soos ’n berg voor die Bulle, maar daar word vir nou nie verder as die Cheetahs gekyk nie.

Die Bulle kom aanstaande maand op Loftus Versfeld in die Superrugbyreeks teen die Crusaders, Highlanders en Hurricanes te staan en moet oor die Jukskei reis om die Leeus op hul tuisveld te takel.

Dis ’n onheilspellende vooruitsig vir enige verdedigingsafrigter, maar Pine Pienaar, wat dié mandaat by die Bulle het, sê hulle sal dwaas wees om die Cheetahs gering te skat.

Die Bulle en die Cheetahs is Saterdag op Loftus slaags.

“Die Cheetahs het dalk verloor (teen die Chiefs), maar het gewys hoe gevaarlik hulle kan wees. As hulle vir 80 minute kan speel soos in die eerste helfte, gaan jy onder geweldige druk wees.

Om drie drieë te druk teen die span wat die beste in die kompetisie verdedig, wil gedoen wees.
Pine Pienaar

“Om drie drieë te druk teen die span wat die beste in die kompetisie verdedig, wil gedoen wees,” sê Pienaar.

Die Bulle het Saterdag met oorgawe wal gegooi in hul sege oor die Jaguares.

“Ons was baie tevrede met die spelers se werkverrigting en ingesteldheid. Ons het 206 duikslae gemaak en net een drie afgestaan.

“Die spelers het werklik baie toewyding gewys. Ons het in die 73ste minuut vir 21 fases verdedig voordat Trevor (Nyakane) besit omgekeer het.”

Pienaar sê die uitdaging is om elke naweek só te verdedig.

“Ons moet by die regte balans tussen aanval en verdedig hou. Jy kan nie vyf keer gaan druk en drie of vier deurlaat nie. Dit gaan jou altyd onder druk plaas.

“Ons moet bestendig wees daarmee. As jou ingesteldheid nie reg is nie, soos wat ons twee weke gelede teen die Sunwolves gesien het, gaan jy probleme hê.”

Die Bulle het tot dusver lig afgekom van die strenger hoogvatreël-toepassing.

As jy te laag ingaan om te duik, gee jy jou teenstanders die kans om die bal weg te kry.
Pine Pienaar

“Ons het eintlik nog net Renaldo Bothma se rooikaart gehad. Jannes (Kirsten) is Saterdag een keer gestraf, maar ons dissipline is goed in dié opsig.

“Dit kom nogmaals daarop neer om die regte balans te vind. As jy te laag ingaan om te duik, gee jy jou teenstanders die kans om die bal weg te kry en te hoog is ook nie goed nie.

“Die Cheetahs het juis die vermoë om die bal in die duikslag uit te gee en hulle speel vinnig. Hulle bring ’n ander uitdaging as die Jaguares.”

Pienaar sê hulle besef die Bulle moet elke wedstryd wen as hulle ’n kans wil staan om die uitspeelronde te haal.

En die Cheetahs is in ’n stryd om die besluitnemers te oortuig hulle hoort in Superrugby.

“Ons kan nie weer (soos in Bloemfontein vroeër in die reeks) bekostig om stadig te begin nie.

“Ek glo albei spanne sal daarop uit wees om die pas vir 80 minute lank aan te gee. Dit is ook wat Franco Smith (die Cheetah-breier) van sy spelers sal vereis.”

Superrugby-bepalings

Superrugby-uitslae

Superrugby-puntelyste

Meer oor:  Pine Pienaar  |  Pretoria
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.