Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Pivac pak Gatland in sy eerste stryd

Die Sesnasies en Grand Slam-wenner Wallis kom in November vanjaar teen die Barbarians in ’n geskiedkundige dubbeldoor van wedstryde in die Principality-stadion in Cardif te staan.

Wayne Pivac. Foto: Getty Images
Warren Gatland. Foto: Getty Images

Warren Gatland sal die Barbarians afrig in wat Wayne Pivac se eerste wedstryd in beheer as Wallis se afrigter sal wees ná die Wêreldbeker-toernooi in Japan.

Die Barbarians-vrouespan kom ook top 30 November teen Wallis se vrouespan te staan.

Gatland is verheug dat hy die uitnodigingspan kan brei ná sy termyn as Wallis-afrigter by die Wêreldbeker-toernooi tot ’n einde kom, berig die BBC.

“Hierdie wedstryd het groot betekenis. Wallis was my huis vir die laaste 12 jaar en ek het my tyd hier geniet. Ons het baie sukses met Wallis gehad en ons is in ’n belangrike jaar wat op ’n Wêreldbeker-toernooi uitloop.

“Om ’n geleentheid te hê om na die WB-toernooi na Cardiff terug te keer is ongelooflik en ek sien uit na die geleentheid om die Barbarians af te rig in wat ek glo die beste stadion in die wêreld is en die beste ondersteuners in die wêreld het,” het hy gesê.

Pivac het op sy beurt gesê hy sien daarna uit om sy loopbaan met Wallis tuis in Cardiff te begin in wat ’n spesiale wedstryd gaan wees.

“Dis ’n geleentheid vir ons as afrigters om ’n groep byeen te kry voor die [2020] Sesnasies-reeks en dit gaan ’n lekker dag vir die ondersteuners wees,” het Pivac gesê. – Sportredaksie

Meer oor:  Wallis  |  Warren Gatland  |  Barbarians
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.