Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
'Cheetahs kan uitspeelstryde haal'
Wayne Pivac, afrigter van die Scarlets, glo die Cheetahs staan ’n goeie kans om die uitspeelrondes van die Pro14-reeks te haal.Foto: Gallo Images

Hy glo nie altyd wat hy in die Europese media oor die Cheetahs en die Southern Kings lees nie, hoewel dit duidelik is dat die span uit Port Elizabeth sukkel in hulle eerste seisoen in die Pro14-reeks.

So sê Wayne Pivac, afrigter van die Scarlets, die huidige kampioenspan van die reeks.

Die Cheetahs het hul eerste twee wedstryde in Ierland verloor, maar toe ses van hul volgende agt wedstryde gewen, wat vyf tuisseges insluit.

Die Cheetahs het gewys dat hulle by die huis ’n kat is wat nie sonder handskoene gepak behoort te word nie.

Die Bloemfonteiners se nederlaag teen die onoorwonne Glasgow Warriors was hul enigste tot dusver by die huis.

Hulle het egter nog net een van hul vier wegwedstryde – teen Zebre in Parma – gewen.

“Die Cheetahs het gewys by die huis is hulle ’n baie goeie span, terwyl hulle wenpersentasie weg van die huis nie so goed is nie,” sê Pivac.

Bestendigheid is waar hulle sal wil verbeter, maar hulle het ’n geleentheid om die uitspeelrondes te haal.
Wayne Pivac

Die Cheetahs was slegs die tweede span wat dié seisoen met sy Scarlets (28-21) afgereken het. Ulster het hulle vroeër met 27-20 in Belfast geklop.

“Bestendigheid deur die seisoen is waar hulle sal wil verbeter, maar hulle het beslis ’n geleentheid om die uitspeelrondes te haal,” sê Pivac.

“Om te sê dat hulle is ’n verswakte span is verkeerd. Ek glo nie alles wat met tye in die media gesê word nie. Ek weet wat ék weet, ek het agting vir die Cheetahs en hulle is ’n baie goeie span.”

Die Scarlets is met 40 punte die voorloper in Konferensie B.

Die Cheetahs is met 29 derde in Konferensie A.

Terwyl die Cheetahs ’n blaaskans geniet en die Pro14-veldtog in Januarie hervat, speel die Scarlets Saterdag tuis in Llanelli in die Europese Kampioenebeker-reeks teen Treviso.

Die Cheetahs se eerste wedstryd van die nuwe jaar is teen die einste Treviso in Italië.

Meer oor:  Wayne Pivac  |  Cheetahs  |  Trevisio  |  Rugby  |  Scarlets.  |  Pro14
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.