Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Pivac tevrede met sy Rooi Drake

Wallis het die Wayne Pivac-era as hul nuwe afrigter Saterdagaand in Cardiff met ’n opwindende oorwinning van 43-33 oor die Barbarians ingelui.

Die Haaie se Curwin Bosch druk een van die Barbarians se drieë teen Wallis. Foto: Getty Images

Die meer as 62 000 toeskouers in die Principality-stadion sou genoeg gesien het om hoopvol te wees oor die Drake se kanse in volgende jaar se Sesnasiesreeks.

Daar is ook van Warren Gatland, wat Wallis die afgelope 12 jaar afgerig het, afskeid geneem. Dié Kiwi het die Barbarians verlede week gebrei.

Wallis het ses drieë teenoor vyf gedruk en Pivac was tevrede met die vertoning en die 43 punte wat sy span opgestapel het.

“Dit is fantasties. Ons het ’n week saam gehad waarin ons ’n paar boublokke aanmekaargesit het in terme van hoe ons wil speel in die Sesnasies-reeks.

“Daar is hard gewerk en ons het nog baie om onder die knie te kry. Dit was goed om die week saam deur te bring, nie net op die oefenveld nie, maar ook in die nuwe span-omgewing.

“Ons sal nou die wedstryd in oënskou neem en kyk hoe die spelers gevaar het met die oog op die spankeuses vir die Sesnasies.”

Pivac sê dit is jammer dat Wallis aan die einde ’n paar drieë deurgelaat het.

“Ek is verheug met ons 43 punte. Sowat 20 minute ná halftyd was ons nog 33-7 voor, maar dinge het so ’n bietjie uitgerafel nadat ons ’n paar veranderings gemaak het.

“Ons verdediging moes beter gewees het, tog is ek bly dat ons gewen het en baie het om mee te werk.”

Tot weersiens. Warren Gatland groet die Drake Saterdag in die Principality-stadion in Cardiff. Foto: Getty Images

Wallis het in die tyd wat Gatland aan die stuur was vier keer die Sesnasies-titel gewen, wat drie grand slams ingesluit het. Hulle het ook twee keer in ’n Wêreldbeker-halfeindstryd gespeel.

“Dit was ’n wonderlike dag waarop ek dankie kon sê,” het Gatland op sy laaste mediakonferensie in Cardiff gesê.

“My tyd in Wallis was só spesiaal, asook die afgelope week.

“Ek dink dit het gehelp om op ’n gepaste wyse af te sluit ná die Wêreldbekertoernooi en met die nuwe regime wat nou oorgeneem het.

“Ek wens hulle alles van die beste toe. Dit was goed om te sien hoe goed die span vandag gespeel het.

“Daardie laaste 15, 20 minute het ek nogal geniet. Ek glo daar sou ’n paar benoude oomblikke vir hulle (Pivac en sy afrigtingspan) gewees het.

Welkom in internasionale rugby,” het Gatland met ’n glimlag gesê. – bbc.com

* Puntemakers:

Wallis 43 (19): Drieë: Josh Adams (2), Ken Owens (2), Johnny McNicol, Gareth Davies. Doelskoppe: Leigh Halfpenny (5). Strafdoele: Halfpenny (1).

Barbarians 33 (7): Drieë: Josh Strauss, Curwin Bosch, Shaun Stevenson, Craig Millar, Pete Samu. Doelskoppe: Bosch (4).

Meer oor:  Wallis  |  Warren Gatland  |  Barbarians  |  Wayne Pivac
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.