Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Planne gereed om te keer dat Bokke ontwater
Die Bokke oefen in Japan onder die wakende oog van Aled Walters, hoof van atletiese prestasies.Foto: Gallo Images

Die Springbokke moet elke oggend hul uriene nagaan as een van die streng voorsorgmaatreëls wat ingestel is om ontwatering te voorkom vanweë die hitte en geweldige humiditeit waaronder hulle in Japan oefen.

“Dis die eerste ding wat hulle in die oggende móét doen,” het Aled Walters, hoof van die Bokke se atletiese prestasies, gesê.

Dié stap en andere volg nadat verskeie spelers, onder wie Jesse Kriel, gewig tydens oefeninge in aanloop tot Saterdag se Wêreldbeker-toets teen die All Blacks in Jokohama verloor het.

Kriel het verlede week vier kilogram tydens ’n oefening afgeskud.

“Ek sou nie sê dis sleg of goed dat spelers gewig verloor in die toestande nie. Dis maar die werklikheid. Ons volg die nodige protokol om ontwatering van spelers te voorkom.

“Ons het ’n goeie strategie hiervoor.

s
Duane Vermeulen

“Duane (Vermeulen) het byvoorbeeld verlede week drie kilogram in ’n oefening verloor toe dit gereën en koeler was. Alle spanne gaan daardeur.

“Ons doen ’n klomp dinge (om ontwatering te voorkom en vir die herstel van spelers ná oefeninge). Die kos wat verskaf word is ongelooflik goed.

“Wêreldrugby het ’n uitstekende taak verrig om die onderskeie hotelle se sjefs vir die Wêreldbeker voor te berei. Dit voel op die oomblik vir ons of ons by die huis is.

“Ons geniet ook die plaaslike disse, jy moet dit doen. Dis ’n lekker ervaring.”

Die hitte en humiditeit gaan die Bokke nie afskrik wat die intensiteit van hul oefeninge vir die res van die Wêreldbeker betref nie.

“Ons gaan nie voet uit die hoek haal nie, daar lê nog harde werk voor,” het Walters gesê.

“Ek kan ’n dringendheid onder die spelers bespeur dat hulle wil speel, veral as ’n mens goed voorberei het.

“Ons besef egter daar lê nog ’n lang pad voor waar ons wil wees. Ons fokus is daarom om so goed moontlik voor te berei én te herstel.

Die spelers het vir die ergste moontlike speeltoestande voorberei. Wat ook al die speeltoestande Saterdag kan wees, ons sal positief wees daaroor.
Aled Walters

“Ons gee nie werklik om oor die speeltoestande nie. Ons wou doelbewus twee weke se goeie voorbereiding hier voor die toets teen die All Blacks inkry.

“Die spelers het vir die ergste moontlike speeltoestande voorberei. Wat ook al die speeltoestande Saterdag kan wees, ons sal positief wees daaroor.”

Reën word vir Saterdag in Jokohama voorspel, waar die Bokke en All Blacks se Groep B-wedstryd plaasvind.

Die Bokke oefen nog die week by Willie Britz se Japanse klubspan, die Shining Arcs, in Tokio Bay voordat hulle Donderdag na Jokohama vertrek.

Meer oor:  Aled Walters  |  Duane Vermeulen  |  Suid-Afrika  |  Japan  |  Ontwater  |  Wêreldbekerrugby  |  Speeltoestande  |  Springbokke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.