Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Plumtree lok glo Leeus-slot na Kiwiland

Die Leeus sal sonder die slot Andries Ferreira in Superrugby moet klaarkom, wat vir res van die reeks by ’n Nieu-Seelandse span aansluit.

Die 28-jarige het tot onlangs nog aan die Leeus se voorseisoense voorbereidings deelgeneem.

 Andries Ferreira
Die Leeus sal sonder Andries Ferreira in Superrugby moet klaarkom.

Ferreira was op die punt om ’n kontrak met die Leeus te sluit voordat hy, volgens Rapport se inligting, ’n U-draai gemaak het. Hy was die afgelope tyd beseer en het nog nie vanjaar vir die Leeus gespeel nie.

Die Hurricanes en die Highlanders word as die twee spanne genoem met wie hy ’n kontrak kan sluit.

Ferreira het die afgelope tyd gesukkel met beserings wat waarskynlik die rede is waarom hy en die Leeus nie vroeër ’n ooreenkoms kon bereik nie.

Die Leeus moet reeds sonder Franco Mostert klaarkom, wat by Gloucester aangesluit het. Nog een van hul staatmaker-slotte, Lourens Erasmus, sal weens ’n enkelbesering ook die Superreeks misloop.

Die Leeus het wel vir Stephan Lewies en Wilhelm van der Sluys bekom. Lewies is egter weer ná Superrugby op pad na die Engelse klubspan Harlequins. Van der Sluys het ’n tweejaarkontrak met die Leeus gesluit.

Ferreira speel al sedert 2015 vir die Leeus nadat hy in 2012 sy groot deurbraak in die Cheetah-trui gemaak het. Hy is destyds deur Os du Randt en Naka Drotské raakgesien toe hy ’n lid van TUT se span was.

Aangesien hy meestal die harde werk doen, staan hy min uit. Maar hy is soos ’n Bakkies Botha en Rory Duncan, ’n ware hardekwas-vierslot wat stil-stil waarde toevoeg.

Die Hurricanes is die gunsteling aangesien hul afrigter John Plumtree as die oud-breier van die Haaie nog uitstekende kennis van Suid-Afrikaanse spelers het.

’n Aankondiging word gou verwag oor met wie Ferreira ’n kontrak gesluit het. Die Hurricanes is die gunsteling aangesien hul afrigter John Plumtree as die oud-breier van die Haaie nog uitstekende kennis van Suid-Afrikaanse spelers het.

Ross Geldenhuys was die laaste Suid-Afrikaner wat vir ’n Nieu-Seelandse Superspan gespeel het. Hy het in 2015 en 2016 die Highlanders se skrum geanker en speel deesdae vir Bay of Plenty.

Meer oor:  Highlanders  |  Leeus  |  Hurricanes  |  Andries Ferreira  |  Superreeks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.