Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Pocock help Perth se haweloses

Die Wallaby-ster David Pocock se vrygewigheid strek blykbaar verder terug as wat mense waarskynlik besef.

David Pocock oefen saam met die Wallabies voor Saterdag se toets teen die Poemas. Foto: Getty Images

Daar is oor die jare reeds baie berig oor die 30-jarige losvoorspeler se Eightytwenty Vision-liefdadigheid, wat fondse insamel vir mense in nood in Zimbabwe.

Maar die verhaal van die bedrewe baljagter wat ’n tjek wat hy as speler van die wedstryd verdien het op slaapsakke vir die haweloses in Perth spandeer, is nie alombekend nie.

Stuff berig dit was ’n 18-jarige Pocock se optrede in 2006 wat die Cardiff Blues-afrigter en voormalige hulpafrigter van die Western Force, John Mulvihill, bybly.

“Wat sou jy met $1 000 doen?” vra Mulvihill.

Pocock, op daardie stadium in sy tweede seisoen van Superrugby, het vir seker nie gedoen wat ’n mens van sekere jong spelers deesdae sou verwag nie.

Hy het ’n kettingwinkel besoek en 20 slaapsakke vir $50 elk aangeskaf.

“Hy het dit in sy motor gelaai en rondom Perth bestuur,” sê Mulvihill.

“Hy het uit sy motor geklim en ’n man in die straat gesien en gesê: ‘Luister maat, ek hoop hierdie sal jou bietjie meer beskermd en veilig laat voel’.

“Hy het dit regtig gedoen.”

Pocock, wat sedert 2008 toetsrugby vir Australië speel, het al 20 slaapsakke wat hy gekoop het, aan hawelose mense in Perth uitgedeel.

“Klein dingetjies soos daardie laat jou besef dat as jy iets kan doen om iemand ’n bietjie gelukkiger in die lewe kan maak, is dit briljant,” sê Mulvihill.

Die afrigter sê hy hoop om dieselfde tipe waardes by die Blues te vestig.

– Sportredaksie

Meer oor:  David Pocock  |  Toetsrugby  |  Wallabies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.