Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Pocock sê sport moet klimaats-krisis beveg
David Pocock, voormalige Wallaby-ster en kampvegter vir omgewingsake. Foto: Getty Images

David Pocock is lank reeds ’n kampvegter vir omgewingsake.

Die 32-jarige Wallaby-legende doen nou ’n beroep op ander sportlui om hul invloed te gebruik om sport deel te maak van die stryd teen klimaatsverandering.

Pocock sê in die BBC-poduitsending Emergency On Planet Sport dat sport hom nie kan distansieer van die gevolge van die krisis nie.

“Ons toekoms is op die spel as ons nie meer ambisie toon om die kwessie te pak nie. As ons nie erkenning gee aan hierdie noodgeval soos wetenskaplikes ons probeer waarsku nie, is dit neusie verby,” sê hy.

Pocock, wat in Zimbabwe gebore is, is in 2014 in hegtenis geneem nadat hy hom vasgeketting het aan ’n stootskraper uit protes teen die steenkoolmynbedryf.

“Ek dink daar is ’n morele plig vir almal om hul deel te doen.”

Hy sê hy is destyds gedreig dat sy kontak opgeskeur sou word indien hy ’n soortgelyke oortreding begaan en is dus bewus dat sportlui huiwerig is om by sulke kwessies betrokke te raak.

“Ek dink hulle is bang om daaroor te praat uit vrees vir negatiewe gevolge in hul loopbane, maar ek het gevind dit bied my balans,” sê Pocock, wat verlede jaar sy rugbystewels gebêre het.

“Ek word gemotiveer deur die besef dat ek my besig hou met kwessies wat uiteindelik baie groter is as sport.”

Pocock se vrou, Emma, is die stigter van Frontrunners, ’n organisasie wat sportlui help om in omgewingsake betrokke te raak.

“Sport is op sy beste wanner dit die samelewing uitdaag en om hierdie groter kwessies in die oë te kyk. Daar is ’n lang en ryk geskiedenis waar sport presies dit doen.”

Rapid Transition Alliance, ’n organisasie wat hom beywer vir dringende optrede om klimaatverandering te bekamp, het verlede jaar ’n gedetailleerde verslag Playing Against The Clock gepubliseer.

Dit beweer binne 30 jaar sal ’n kwart van Engelse sokkerstadions die risiko loop om elke seisoen te oorstroom, dat een uit elke drie Britse gholfbane deur stygende seevlakke geërodeer word en dat Indiese krieketstadions weens droogte onbruikbaar sal wees.

– Reuters

Meer oor:  Klimaatsverandering  |  David Pocock  |  Toetsrugby  |  Wallabies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.