Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Poite beheer Bok-toets teen Poemas

Die Nieu-Seelander Paul Williams, Australië se Nic Berry en die Fransman Romain Poite sal vanjaar die skeidsregters in die Springbokke se drie toetse in die Rugbykampioenskap wees.

Williams is in beheer van die Bokke se eerste toets teen Australië in Johannesburg op 20 Julie. Dié 34-jarige het nog net vyf toetse agter sy naam. Hy is nie verwant aan die All Black-legende Bryan Williams nie.

Romain Poite. Foto: Gallo Images

Op 27 Julie speel die All Blacks in Wellington gasheer vir die Springbokke, met Berry in beheer.

Berry was verlede jaar ’n assistent-skeidsregter toe die Bokke die All Blacks daar met 36-34 geklop het.

Berry is ook die naweek op Nuweland in Kaapstad in beheer van die Stormers se Superrugby-kragmeting met die Crusaders.

Poite, wat die skeidsregter was in Argentinië se geskiedkundige eerste oorwinning oor die Springbokke (37-25) in 2015 in Durban, sal op 10 Augustus in Salta die Bokke se stryd teen Argentinië beheer.

Loftus Versfeld in Pretoria speel gasheer vir die Argentyne in ’n bykomende toets teen die Bokke op 17 Augustus, ter voorbereiding vir die Wêreldbekertoernooi wat ’n maand later in Japan begin. Luke Pearce van Engeland is dan die blaser.

Wêreldrugby het Woensdag die skeidsregters vir 63 wedstryde in die aanloop tot die Wêreldbekertoernooi, wat die Rugbykampioenskap insluit, in ’n verklaring bekend gemaak.

Die wêreld se voorste internasionale skeidsregter, Nigel Owens van Wallis, sal in Japan aankom met 89 toetse agter sy naam.

Hy warm op vir die WB-toernooi met toetse tussen Tonga en Kanada en ’n opwarmingswedstryd tussen Frankryk en Skotland.

Die aanstellings is gemaak deur Wêreldrugby se skeidsregterskomitee, wat bestaan uit die voorsitter, Anthony Buchanan, Joel Jutge (Europese beroepsrugby), Lyndon Bray (Sanzaar) en Alain Rolland (Wêreldrugby).

Rugbykampioenskap-skeidsregters: Paul Williams (Nieu-Seeland), Angus Gardner (Australië), Ben O’Keeffe (Nieu-Seeland), Nic Berry (Australië), Jérôme Garcès (Frankryk) en Romain Poite (Frankryk).

Bepalings: 20 Julie – Johannesburg: Suid-Afrika t. Australië; Buenos Aires: Argentinië t. Nieu-Seeland.

27 Julie – Brisbane: Australië t. Argentinië; Wellington: Suid-Afrika t. Nieu-Seeland.

10 Augustus – Perth: Australië t. Nieu-Seeland; Salta: Argentinië t. Suid-Afrika.

Meer oor:  Nic Berry  |  Bokke  |  Rugbykampioenskap  |  Springbokke  |  Poemas  |  Romain Poite  |  Angus Gardner
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.