Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Pollard kry Bulle se top-eerbewys

Die Springbok-losskakel Handré Pollard is Dinsdagaand in Pretoria as die Blou Bulle se Speler van die Jaar aangewys.

Handré Pollard is as die Bulle se Speler van die Jaar vir 2019 vereer. Foto: Gallo Images

Pollard, wat die Bulle vanjaar in die Superreeks gelei het, is in November na Frankryk waar hy by sy nuwe span, Montpellier, aangesluit het en was nie teenwoordig om sy prys in ontvangs te neem nie.

Duane Vermeulen, wat soos Pollard die Springbokke gehelp het om die Wêreldbeker-toernooi in Japan te wen, is as die Bulle se Superrugby-speler van die Jaar bekroon.

Die Bulle het vir die eerste keer sedert 2013 die kwarteindronde van die kompetisie gehaal en het in Wellington met 28-35 teen die Hurricanes vasgeval.

Pollard was die voorste puntemaker in die reeks en het vanjaar van sy beste rugby nog in ’n Bulle-trui gespeel.

Daar is op die geselligheid bekendgemaak dat die senter Burger Odendaal in 2020 die franchise sal aanvoer, terwyl die Bok-stut Trevor Nyakane die onderkaptein is.

Die 26-jarige Odendaal word kaptein omdat al drie Superrugby-kapteins in 2019, Pollard, Vermeulen en Lood de Jager, hulle by oorsese klubs aangesluit het.

’n Nuwe era word by die Bulle ingelui met Pollard, Vermeulen, De Jager, Jesse Kriel, RG Snyman, Jason Jenkins en Schalk Brits (uitgetree), wat almal die afgelope tyd by Loftus Versfeld gegroet het.

Verskeie ander staatmakers soos Hanro Liebenberg, Jannes Kirsten, André Warner en Travis Ismaiel is ook vort.

Tim Agaba is aangewys as die Ligbloues se voorste speler in die Curriebeker-kompetisie en die belowende slot Ruan Nortjé die keur onder die Bulle in die SuperSport-uitdaagreeks.

Muller Uys en Richard Kriel is onderskeidelik die o.21- en o.19-spanne se Speler van die Jaar.

Albei die Bulle se junior spanne het die seisoen die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) se nasionale kompetisies gewen.

Meer oor:  Handré Pollard  |  Prysuitdeling  |  Loftus Versfeld  |  Bulle  |  Prysaand  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.