Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Pollard se skopstewels het tuisgebly

Die Springbok-losskakel Handré Pollard se debuut vir sy Franse klubspan Montpellier was toe allesbehalwe maanskyn en rose.

Handré Pollard Saterdag in aksie vir sy Franse klubspan, Montpellier. Foto: Getty Images

Pollard (25) het nie net ’n doelskop verbrou nie, maar ook met twee pogings om strafdoele aan te teken verbrou in sy span se nederlaag van 25-29 teen Racing 92 in die Top14-reeks Saterdag in Parys.

Hy het wel 10 punte bygedra, maar dit was nie genoeg om sy span van ’n nederlaag te weerhou nie.

Dit was Pollard, wat voorheen sy rugby vir die Bulle in Pretoria gespeel het, se eerste wedstryd sedert hy sy wangbeen in die eindstryd van die Wêreldbeker-toernooi in Japan gebreek het.

Hy het hom vir drie jaar verbind aan Montpellier, waar sy spanmaats Bokke soos Frans Steyn en Jan Serfontein insluit.

Van Serfontein gepraat: Hy het een van sy span se drie drieë gedruk. – Sportredaksie

Meer oor:  Handré Pollard  |  Top14  |  Montpellier  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.