Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Pollard weet dat All Blacks sake wil regstel

Die Springbokke weet wat kom: die All Blacks met ’n 120%-aanslag.

Die Springbok-losskakel Handré Pollard op die aanval teen die Wallabies. Foto: Gallo Images

En die onus is op hulle om daarop te probeer verbeter, sê die Springbok-losskakel Handré Pollard.

Dit is geen verrassing dat die Bokke se skoksege in die Rugbykampioenskap verlede maand oor die wêreldkampioen in Wellington, Nieu-Seeland, ’n gewilde besprekingspunt in die opbou tot Saterdag se herontmoeting op Loftus Versfeld is nie.

Pollard sê hulle staal hulle vir ’n omgekrapte Kiwi.

“Die geskiedenis wys elke keer wanneer die All Blacks ’n toets verloor het, kom hulle terug met ’n 120%-vertoning.

Die geskiedenis wys elke keer wanneer die All Blacks ’n toets verloor het, kom hulle terug met ’n 120%-vertoning.
Handré Pollard

“Hulle hou nie daarvan om te verloor nie en gaan dit wil regstel. Dit is ’n gegewe, hulle gaan meer akkuraat en fisiek wees.”

Hy sê die Springbokke was nog nie vanjaar bestendig genoeg nie en die span is op soek na kontinuïteit en bestendigheid.

“Ons het baie selfvertroue, maar Saterdag is ’n groot toets en ons wil die momentum behou, ook met die oog op die jaareindtoer.

“Jy kan aanvaar dat mense groter verwagtinge het ná Wellington. Ons fokus op die proses en dit is goed om te weet waartoe ons in staat is, maar jy moet weekliks sulke vertonings kan lewer.”

’n Warm debat in Suid-Afrikaanse rugby is die vooruitsig van Elton Jantjies en Pollard in die 10-12-kanaal.

Pollard skerts hy moet slegs verdedig wanneer hy middelveld toe geskuif word.

“Nee, ek verkies dit steeds om losskakel te speel. Ek dink wel dit is goed om ’n losskakel te hê wat binnesenter kan speel.

Nee, ek verkies dit steeds om losskakel te speel. Ek dink wel dit is goed om ’n losskakel te hê wat binnesenter kan speel.
Handré Pollard

“Ek geniet dit om senter te speel. Ek het lanklaas daar gespeel, maar ek hou van die fisieke aard van die posisie.”

Menige Bok-ondersteuner is hoopvol dat Pollard kan voortbou op sy skopwerk in die laaste twee toetse nadat hy vroeër in Durban teen Argentinië die kluts kwyt was met sy stelskopwerk.

“Ek het dalk my ritme so effens verloor in die vier of vyf weke wat ek nie gespeel het ná Superrugby nie. Ek het hard daaraan gewerk, ’n paar klein verstellings gemaak en dit het baie beter gegaan in die laaste twee toetse.

“Ons het almal ons afdae. Dit gebeur met die bestes ter wêreld.”

Hy kom juis Saterdag teen iemand te staan wat as die beste losskakel in wêreldrugby gereken word, naamlik Beauden Barrett.

Dié Kiwi-maestro het toevallig kwaai met sy radar pale toe gesukkel in Wellington.

“Hy is die beste speler in die wêreld met ongeveer 70 toetse se ervaring. Hy voel nie te veel druk nie en speel altyd met baie selfvertroue. Ons hoop kan nie daarop gevestig wees dat hy gaan sukkel met die druk nie.”

Die Bulle-losskakel glimlag breed wanneer jy hom vra oor die vooruitsig om op ’n volgepakte Loftus te speel.

Was jy al op Loftus as dit vol is en dit rof is, gaan die liedjie, nè? Ek sien baie daarna uit.
Handré Pollard

“Was jy al op Loftus as dit vol is en dit rof is, gaan die liedjie, nè? Ek sien baie daarna uit.

“Ons (die Bulle) het iewers in 2014 of 2015 op ’n bykans volgepakte stadion gespeel teen die Haaie in ’n Superrugby-wedstryd en die atmosfeer was ongelooflik. Ek kan net dink hoe dit Saterdag gaan wees – teen die All Blacks op ’n volgepakte Loftus.

“Dit is iets waaroor ek en Jesse (Kriel) nog altyd gepraat het en ons kry Saterdag daardie geleentheid.”

Rugbykampioenskap: Bepalings

Rugbykampioenskap: Puntelys

Rugbykampioenskap: Uitslae

Meer oor:  Loftus Versfeld  |  Pretoria  |  Handré Pollard  |  Bokke  |  Beauden Barrett  |  Toetsrugby  |  Rugbykampioenskap  |  Springbokke  |  Bulle  |  All Blacks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.