Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Pollie maak sy debuut vir Montpellier
Handré Pollard skop pale toe in die eindstryd van die Wêreldbeker-toernooi teen Engeland in Japan. Foto: Getty Images

Die Springbok-losskakel Handré Pollard is uiteindelik weer reg om te speel en maak Saterdag sy buiging vir Montpellier nadat hy van ’n gebreekte wangbeen herstel het.

Dis die eerste keer sedert die Wêreldbeker-eindstryd teen Engeland in Japan verlede maand – waar hy 22 van die Bokke se 32 punte aangeteken het – dat hy weer op die veld is.

Pollard, wat lank vir die Bulle gespeel het, het ’n kontrak van drie jaar met die Franse spogklub gesluit, waar heelwat Suid-Afrikaners soos die Bokke Bismarck du Plessis (haker), Frans Steyn, Jan Serfontein (senters) en Johan Goosen (losskakel) ook speel. Die Bulle se Bok-stut Lizo Gqoboka is ook tans op ’n korttermynkontrak daar.

Ander Suid-Afrikaners wat ook vir Montpellier uitdraf, is die heelagter Henry Immelman en die slotte Jacques du Plessis en Nico Janse van Rensburg.

Montpellier, tans derde op die puntelys, pak Racing 92 Saterdag in die Franse Top-14 en luidens berigte in die Europese media is daar groot afwagting onder veral die Montpellier-ondersteuners om Pollard te sien speel.

Pollard sê hy wou aanvanklik verlede week al gespeel het, maar die afrigtingspan het gesê hy moet nog ’n week wag.

“Die belangrikste nou vir my is die toekoms en om ’n trofee met Montpellier te wen,” het Pollard aan die Franse publikasie Rugbyrama gesê.

“Ek is reg om Racing die stryd aan te sê en vir die res van die seisoen wat voorlê. Ek kan nie wag om te speel nie.” – Sportredaksie, rugbypass.com

Meer oor:  Handré Pollard  |  Top14  |  Montpellier
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.