Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Pers ‘dwing’ hom om MIV-status te onthul
Gareth Thomas (regs) word deur sy vriend gelukgewens nadat hy Sondag ’n Ysterman-driekamp-wedloop oor 225 km voltooi het. Foto: Getty Images

Gareth Thomas, voormalige kaptein van Wallis en die Britse en Ierse Leeus, sê hy sou nie sy MIV-status bekend gemaak het nie as ’n koerant nie gedreig het om dit te publiseer nie.

Rugby365 berig Thomas (45) sê hy is afgedreig voordat hy in die openbaar bevestig het dat hy MIV-positief is.

In ’n dokumentêre program wat verlede week uitgesaai is, sê hy dat hy in 2018 die nuus verneem het. Hy het in 2009 die eerste keer in die openbaar erken dat hy gay is.

Thomas, wat Sondag ’n Ysterman-driekamp-wedloop oor 225 km voltooi het, hoop om sekere van die stigmas rondom die siekte te verwyder.

Maar hy sê hy was in ’n hoek gedruk nadat ’n joernalis sy ouers van sy toestand ingelig het voordat hy self die nuus met hulle kon deel.

Gevra of hy sy status sou geopenbaar het as dit vir die inbreuk op sy privaatheid was nie, sê hy: “Ek wens ek kon hier sit en ja sê, maar dit sal my skynheilig maak. Absoluut nie. Dit het niks met enigiemand anders uit te waai nie.

“Ek kan nooit weer daardie oomblik terugkry om saam met my ouers te sit en aan hulle te verduidelik hoekom hul seun oukei gaan wees nie, dat ek steeds ’n vol, normale, gesonde lewe sal hê.

“Daardie persoon het gekom en daardie oomblik van my af weggeneem.”

Die Engelse krieketster Ben Stokes het juis vandeesweek die poniekoerant The Sun veroordeel vir ’n berig oor ’n gesinstragedie uit sy verlede en dit as “die laagste vlak van joernalistiek” beskryf.

Albei hierdie gevalle het weer die debat oor etiek in die Britse pers laat opvlam.

“Die poniepers sal sy eie wette maak,” sê Thomas.

“Jy sal ’n brief aan hulle skryf en hulle sal dit eenvoudig ignoreer. Ek het nie die geld om ’n reuse-poniekoerant in die hof te beveg nie.”

Volgens Thomas, wat beroepsrugby in 2011 gegroet het, het sy siektetoestand bitter min effek op sy daaglikse lewe. Danksy gevorderde medisyne neem hy ’n enkele pil per dag en laat elke ses maande bloedtoetse doen.

Thomas het sy toetsdebuut vir Wallis in 1995 gemaak en die Rooi Drake uiteindelik 100 keer verteenwoordig. Hy het in drie toetse vir die Leeus gespeel.

– Sportredaksie

Meer oor:  Miv  |  Bokke  |  Vigs  |  Toetsrugby  |  Britse En Ierse Leeus  |  Springbokke  |  Rooi Drake  |  Gareth Thomas  |  Wêreldbekerrugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.