Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Pote kies Bok-skrumkskakel teen Pumas

Die idee is dat ’n span al beter geolie raak soos die seisoen vorder en op sy beste is wanneer die pylvak betree word.

Pote Human, afrigter van die Blou Bulle, maak geen geheim daarvan dat sy span ’n opwaartse kurwe in die Curriebeker-reeks makeer nie.

Ivan van Zyl dra Vrydagaand op Loftus Versfeld die Blou Bulle se nr. 9-trui teen die Pumas. Foto: Gallo Images

Daar was soms al goeie rugby, maar ook te veel klein jakkalsies wat die wingerd verniel.

Hy is nietemin oortuig sy span is bestem vir ’n afgeronde vertoning. Hopelik gebeur dit Vrydagaand wanneer hulle die Pumas in Pretoria aandurf, sê Human.

“Ons moet begin om 80 minute lank te speel. Teen die Leeus het ons goed gespeel, maar nie enduit nie en ons het verloor. Dit is nie goed genoeg as jy die Curriebeker wil wen nie.

“Teen Griekwas (Saterdag in Kimberley) het ons regtig goed gespeel en het met 28-7 voorgeloop.

“Toe staan ons vyf strafskoppe af, laat twee drieë deur en kry twee geelkaarte kort ná mekaar.

“Die ouens het baie durf gewys nadat ons 28-35 agter was, maar ons moes nooit in daardie posisie gewees het nie. Ons het vandeesweek lank daaroor gesels.

“Ons was gelukkig om teen Griekwas daarmee weg te kom, maar dit gaan nie teen die Pumas werk nie.”

Human het vier veranderinge aan die span aangebring wat Griekwas geklop het.

Ons was gelukkig om teen Griekwas daarmee weg te kom, maar dit gaan nie teen die Pumas werk nie
Pote Human

Die skrumskakel Ivan van Zyl kry die eerste keer sedert hy deur Rassie Erasmus, die Springbok-afrigter, vrygestel is vir Curriebeker-diens, ’n kans in die beginspan.

Van Zyl het die laaste paar wedstryde op die plaasvervangerbank gesit met André Warner wat voorkeur gekry het.

“Ons het nie geweet hoe lank hy by ons gaan wees nie. Ivan is ’n puik speler en hy verdien ’n beginkans.”

Hanro Liebenberg, die Bulle se kaptein, wat Saterdag se kragmeting met Griekwas weens griep misgeloop het, is weer op die been en voer die span aan. Hy vervang Jano Venter in die lostrio.

JT Jackson maak in die middelveld plek vir Johnny Kotze, wat meebring dat Franco Naudé van buite- na binnesenter skuif.

In die voorry is Dayan van der Westhuizen die nuwe vaskopstut in die beseerde Trevor Nyakane (harsingskudding) se plek.

* Blou Bulle: Divan Rossouw, Jade Stighling, Johnny Kotze, Franco Naudé, Duncan Matthews, Manie Libbok, Ivan van Zyl, Hanro Liebenberg (k), Nic de Jager, Ruan Steenkamp, Eli Snyman, Hendré Stassen, Dayan van der Westhuizen, Jaco Visagie, Matthys Basson. PLAASVERVANGERS: Edgar Marutlulle, Conraad van Vuuren, Ruan Nortjé, Jano Venter, André Warner, Tinus de Beer, Dylan Sage.

Curriebeker: Bepalings

Curriebeker: Puntelys

Curriebeker: Uitslae

Meer oor:  Pote Human  |  Ivan Van Zyl  |  Bulle  |  Curriebeker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.