Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Pote se opdrag: ‘Boelie die Hurricanes’
Jesse Kriel het Maandag saam met die Bulle geoefen voordat hulle vir die kragmeting met die Hurricanes na Nieu-Seeland vertrek het. Foto: Gallo Images

Boelie die Hurricanes.

Die Bulle-agttal sal Saterdag dié voorneme hê wanneer hulle in Wellington teen die ‘Canes in die kwarteindronde van die Superrugby-reeks te staan kom.

Pote Human, die Bulle-breier, sê sy pak sal die tuisspan s’n eenvoudig móét oorheers en op die agtervoet kry.

“Ons sal fisiek moet wees en hulle boelie. Gebeur dit nie, sal dit hul gevaarlike spelbrekers ruimte en vryheid gee.”

Human het die hoop uitgespreek dat die slot Jason Jenkins, wat Saterdag weens ’n liesbesering nie teen die Leeus op sy pos was nie, sal terugkeer om sy vennootskap met RG Snyman te hervat.

“Jannes (Kirsten) het ook Saterdag goed gespeel en ’n werkesel-vertoning gelewer. Dit sal nie ’n maklike besluit wees nie.”

Die stryd by die afbreekpunte is ’n groot besprekingspunt.

Human sê die Hurricanes is bedrewe in die afdeling en dis die sleutel tot hul sukses.

“Ons moet hulle daar stop en van vinnige besit ontneem. Daar word baie goed daarvoor voorberei en ons ontleding was deeglik.”

Ons moet hulle daar stop en van vinnige besit ontneem. Daar word baie goed daarvoor voorberei en ons ontleding was deeglik.
Pote Human

Die Hurricanes is al ’n paar keer vanjaar daarvan beskuldig dat hulle die reëls by die afbreekpunte buig.

“Dit is waar, maar dit is vir die skeidsregter (Nic Berry) om oor te besluit en ons sal met hom daaroor praat,” sê Human.

Die span se onlangse vertonings in Nieu-Seeland teen die Blues en die Highlanders, asook die oortuigende sege Saterdag oor die Leeus op Loftus Versfeld het die Bulle baie selfvertroue gegee, meen hy.

“Daar is nie eintlik druk op ons nie. Niemand het verwag dat ons in kwarteindronde gaan speel nie en ek dink dit maak ons gevaarlik.

Goeie tye! Pote Human, hoofafrigter van die Bulle, is die eerste afrigter sedert Frans Ludeke in 2013 wat die span tot in die kwarteindstryd van die Superrugby-kompetisie kon kry. Foto: Getty Images

“As ons Saterdag skerp is en ons dissipline is goed, kan ons verras.

“Ons het ’n kaartjie gekry om in die kwarteindstryd te speel en ons moet dit gebruik. As dít jou nie motiveer om in so ’n groot wedstryd teen die Hurricanes te speel nie, dan hoort jy nie hier nie.”

Die Springbok Jesse Kriel sal terugkeer in die middelveld, maar die kanse is skraal dat Burger Odendaal sy sentermaat sal wees.

Odendaal het sy sleutelbeen teen die Leeus beseer en dr. Herman Rossouw, die Bulle se spandokter, sê dit is onwaarskynlik dat hy betyds sal herstel.

Die haker Schalk Brits het volkome van sy harsingskudding herstel, maar het Maandagoggend met erge griep opgestaan.

Odendaal en Brits het wel saam met die groep na Nieu-Seeland gevlieg.

Human sê dit is ’n groot bonus om Kriel vir so ’n belangrike wedstryd terug te hê.

“Hy is baie lus om te speel en hy wou al Saterdag gespeel het.

“Jesse het baie goed geoefen en dit sal vir die span ongelooflik wees om hom terug op die veld te hê.”

Meer oor:  Pote Human  |  Jesse Kriel  |  Nieu-Seeland  |  Pretoria  |  Kwarteindronde  |  Bulle  |  Superrugby  |  Hurricanes
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.