Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Pote voorspel: GW ‘gaan met 4 punte wen’

Indien Griekwas hul plek in die eindstryd van die Curriebeker-reeks wil bespreek, sal hulle die Goue Leeus Saterdag voorlangs moet tem, glo Pote Human, afrigter van die Blou Bulle.

Ederies Arendse, vleuel van Griekwas, kan met genoeg goeie besit kringe om die Goue Leeus hardloop. Foto: Gallo Images

Human, wat die Poubloues tevore afgerig het, is om kommentaar genader oor wat die Noord-Kapenaars moet doen om die Johannesburgers in die halfeindstryd in die Goudstad te klop.

“Hulle sal beslis voorlangs moet oorheers. Griekwas het ervare voorspelers, terwyl die Leeus ’n klomp jongelinge het,” sê hy.

“Ek is baie beïndruk met die werk wat Victor Sekekete (slot van die Poubloues) in die lynstane en die losgemale doen. Maar hulle (die Griekwas) sal moet kyk na Marnus Schoeman (flank van die Leeus), wat ongelooflik met die losbal is.”

Indien Griekwas voorlangs kan oorheers, kan die span van die Noord-Kaap se agterspelers die veld vol hardloop.

“George Whitehead (losskakel) en die Michal Haznar (senter) speel goeie rugby en kan beslis die verskil tussen wen en verloor wees. Dan is daar ook nog die agterste driehoek (Anthony Volmink, Eduan Keyter en Ederies Arendse),” sê Human, wat die Poubloues in 2012 en 2013 afgerig het.

Pote Human, hoofafrigter van die Blou Bulle en ’n voormalige breier van Griekwas. Foto: Gallo Images

Die rekordboeke wys egter dat Griekwas die laaste keer in 2012 die Leeus in die Goudstad kon klop en Human dink dit het dalk te doen met die druk om in ’n groot stadion voor baie toeskouers te speel. Tog het die Poubloues vanjaar gewys dat hulle nie deur die groot stad se liggies oorweldig word nie deur die Haaie in Durban en die Blou Bulle in Pretoria pak te gee.

Hoewel die Leeus vanjaar allermins verwoestend in hul eie agterplaas was, deur twee van hul drie wedstryde op Ellispark te verloor, glo Human hulle gaan Saterdag ’n perd van ’n ander kleur wees.

“Ek dink die Leeus lig hul spelpeil wanneer hulle op Ellispark speel en boonop sal hulle wil wys hulle verdien om in die eindstryd te speel. Dit gaan moeilik wees, maar ek dink tog Griekwas gaan wen, dit gaan naby wees . . . dalk met vier punte of so,” sê Human.

“Ek glo ook dat Griekwas vanjaar ’n baie goeie kans het om die reeks te wen. Wat hulle hierdie jaar bereik het, is prysenswaardig.”

Meer oor:  Pote Human  |  Leeus  |  Curriebeker  |  Griekwas
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.