Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Jacques Potgieter straks gou in oranje

Jacques Potgieter kan die stof van sy tokse begin afvee, met uitdrafkans vir die Cheetahs moontlik in die nabye toekoms.

Jacques Potgieter Foto: Getty Images

Potgieter sal volgende week mediese, fiksheid- en kragtoetse by die Vrystaters doen.

As die Cheetahs-breier, Hawies Fourie, tevrede met die uitslae is, en die res van hul gesprekke suksesvol verloop, wink ’n merkwaardige terugkeer tot eersterangse rugby in Suid-Afrika vir die 34-jarige Potgieter.

Die voormalige Springbok-losvoorspeler het geen eersterangse rugby gespeel sedert hy vroeg in 2019 van die Franse klubspan Toulon na Suid-Afrika teruggekeer het nie. Hy het hom in ’n stadium by die klubspan Naka Bulle aangesluit in die hoop om deur die Blou Bulle betrek te word, maar dit het nooit gebeur nie.

Potgieter se laaste eersterangse wedstryd in Suid-Afrika was juis in die 2017-seisoen vir die Bulle.

Dié boorling van Port Elizabeth sal opgewonde wees oor die Cheetahs se belangstelling in hom, aangesien verskeie spelers al in die verlede na Bloemfontein getrek het om nuwe lewe in hul loopbane te blaas.

Fourie is die laaste tyd aktief besig met die kontraktering van spelers soos Potgieter-hulle nadat die Cheetahs verskeie sterre verloor het sedert hulle hul Pro-status kwyt is.

Kontraktering kan ná 28 Februarie aansienlik makliker vir Fourie word, met die Cheetahs wat hoop om op daardie dag bevestiging te kry dat hulle wel in die Intercontinental Cup gaan speel.

Meer oor:  Toetse  |  Cheetahs  |  Jacques Potgieter
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.