Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Poubloues weet gou wie hul gaan lei
Jaco Nepgen Foto: Gallo Images

Bloemfontein. – Twee van die staatmaker-voorspelers van Griekwas het hul span die skrik op die lyf gejaag in die voorseisoen.

Die losvoorspeler RJ Liebenberg en slot Jaco Nepgen het albei ná die vakansie las van skete gehad.

Griekwas het vandeesweek weer begin sweet op die oefenveld om die roes van die vakansie af te skud. Liebenberg (25) het ’n spesialis hier gaan sien weens ’n rugbesering. Volgens Liebenberg kan hy ’n operasie ondergaan indien die pyn vererger, of hy en die mediese span by Griekwas kan die pyn bestuur.

“Die spesialis het die verslag deurgestuur aan Griekwas se spandokter en ons sal die pyn bestuur. Ek wil nie nou uit wees nie, daar is ’n groot jaar wat wag,” het die kantman gesê.

Nepgen (30) het las van ’n hakskeenbesering, maar het Dinsdag weer begin hardloop. Die afrigter Peter Engledow het intussen bevestig dat die Poubloues drie oefenwedstryde voor die eerste ronde van die Curriebeker-reeks op 9 April gaan speel. Hulle pak Suidwestelike Distrikte op 5 Maart in Prieska, waarna hulle van 7 tot 12 Maart ’n oefenkamp in Durban het.

“Ons sal daar teen die Haaie se Curriebeker-span speel. Ons moet nog bevestig of ons laaste wedstryd teen die Luiperds of Vrystaat op 1 of 2 April sal speel,” het Engledow gesê.

Die afrigter het bevestig hy het reeds ’n idee wie sy span in die reeks sal lei.

“Die bekendstelling sal binnekort gemaak word, ek beoog om so teen Maandag die aankondiging te doen.”

JW Jonker – wat ’n ligte hakbesering het – is intussen terug na die Diamantstad, ná hy saam met die Cheetahs se vergrote Superrugby-groep geoefen het.

Hoewel Jonker vroeër sy ambisies om Super-rugby te speel te kenne gegee het, het hy ook gesê hy sal meer as gereed wees, sou hy by Griekwas met die kapteinskap toevertrou word. Hy word as ’n sterk kandidaat beskou om die Poubloues aan te voer.

Meer oor:  Griekwas  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.