Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Powell bly oor voorbereiding vir ‘oorlog’
Selvyn Davids is een van die spelers wat Saterdag die geleentheid aangegryp het om Neil Powell, afrigter van die Blitsbokke, te oortuig dat hy later vanjaar op die vliegtuig na die Olimpiese Spele moet wees. Foto: Gallo Images

Juis omdat Neil Powell, afrigter van die Blitsbokke, weet dat wedstryde teen internasionale mededinging die beste manier is om vrae op sy antwoorde te kry, was hy Saterdag ’n ingenome mens.

Twee Suid-Afrikaanse spanne, bestaande uit Blitsbokke en spelers van die nasionale sewesakademie, neem die naweek saam met Uganda, Kenia, Zimbabwe en ook die Stellenbosch-Sportakademie (SAS) aan ’n toernooi in die Eikestad deel.

Die een span, Suid-Afrika 1, met spelers soos JC Pretorius, Selvyn Davids en Chris Dry in sy geledere, het Uganda (26-7), Kenia (27-14) en Zimbabwe (29-7) geklop.

Daar was egter nie sprake van skoonskip nie. SA 2 het SAS (40-0) en Uganda (19-12) geklop, maar in sy laaste wedstryd teen Kenia (12-19) verloor.

Neil Powell, afrigter van die Blitsbokke. Foto: Gallo Images

“Dit was regtig vir ons ’n wonderlike dag. Nie omdat ons die (verlangde) uitslae gekry en ’n paar drieë gedruk het nie, maar omdat ons kon sien waar ons as ’n span is,” sê Powell.

“Jy kan teen mekaar oefen en teen plaaslike spanne speel. Dit is dinge wat ons al gedoen het. Maar dié wedstryde is net op ’n ander vlak. Die intensiteit is hoër, asook die fisiekheid en die mededinging by die afbreekpunte.

“Dit is presies wat ons nodig het vir ons voorbereiding vir die Olimpiese Spele.”

Veral in SA 1 se eerste wedstryd van die dag, teen Uganda, het dinge in die eerste helfte nie so goed vir Powell-hulle verloop nie.

Die Ugandese het met ’n fisieke aanslag gekom, maar Powell sê dis presies wat nodig was.

“Dit is belangrik dat ons in sulke situasies geplaas word. Daar is altyd die risiko van beserings, maar dit is die soort risiko wat ons moet neem om ons reg te kry vir die Spele.

Dit help nie ons het die groep reg vir die Spele nie, maar ons is nie reg om oorlog toe te gaan nie. So hierdie naweek is regtig vir ons ’n goeie oefening.
Neil Powell

“Dit help nie ons het die groep reg vir die Spele nie, maar ons is nie reg om oorlog toe te gaan nie. So hierdie naweek is regtig vir ons ’n goeie oefening,” sê hy.

Spelers soos Davids, Ruhan Nel, James Murphy en Ronald Brown het almal goeie spel gelewer.

Nel het ’n paar keer gevaarlik met die bal in die hand gelyk, terwyl Murphy goed verdedig en daar ’n gretigheid by hom bespeur was.

Daar was spelers wat hanteerfoute begaan en duikslae gemis het, maar op die keper beskou, is dit nie foute wat nie reggestel kan word nie.

SA 2 kom Sondag om 11:30 teen Zimbabwe te staan, waarna SA 1 en SAS om 12:10 slaags is. Daarna sal die spanne nog elkeen een wedstryd speel – teen wie sal eers later bekend wees.

Siviwe Soyizwapi, Kurt-Lee Arendse, Pule Sibiya en Lubabalo Dobela het Saterdag ligte skete opgedoen en sal Sondag die aksie van die kantlyn af dophou.

Meer oor:  Neil Powell  |  Selvyn Davids  |  Stellenbosch  |  Rugby  |  Blitsbokke  |  Sewesrugby  |  Olimpiese Spele
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.