Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Powell bly tot ná 2022 se Wêreldbeker
Neil Powell
Neil Powell tydens ’n Blitsbok-oefening in 2019. Foto: Gallo Images

Neil Powell se posisie as hoofafrigter van die Springbokke se sewesgroep is klaarblyklik tot 2022 verseker, al verstryk sy kontrak teen einde vanjaar.

“Daar is sprake dat die hele bestuur (van die Blitsbokke) behou gaan word tot ná die Wêreldbeker-sewes in 2022 in Suid-Afrika,” het Powell aan Rapport gesê.

“Dit bring daardie verligting dat ’n mens tog nog kan deel wees van die stelsel vir daardie twee groot byeenkomste – die Olimpiese Spele en dan die Wêreldbeker wat in Kaapstad beslis gaan word.”

Die sewesseisoen en 2020 se Olimpiese Spele is swaar deur Covid-19 getref, met die Spele in Tokio wat tot volgende jaar uitgestel is en die laaste vier toernooie van die Wêreldreeks wat waarskynlik eers later vanjaar beslis sal word.

Vir almal is die onsekerheid egter dieselfde en ons het tentatief al planne op die tafel gesit ten opsigte van waarheen ons wil gaan vir die Spele.

Maar die feit dat Powell en sy bestuurspan vir die volgende twee jaar nog gaan aanbly, sal straks vir kontinuïteit in die Blitsbok-kamp sorg.

Daar is juis oor die volgende paar maande klomp kopkrapwerk wat wag op Powell-hulle en hoe die pad vorentoe gaan lyk.

Onsekerheid heers steeds of die laaste vier toernooie in Parys, Londen, Singapoer en Hongkong wel later vanjaar sal plaasvind.

Die Blitsbokke moet ook nog die pad na volgende jaar se Spele uitlê met verskeie sewes-staatmakers wat waarskynlik ook Springbok-rugby en die Britse en Ierse Leeus-toer in hul visier sal hê.

Volgens Powell besef hulle dat sekere spelers straks die Leeus-toer bo sewes sal kies omdat dit net een keer elke 12 jaar plaasvind.

“Dit gaan dinge beslis moeilik maak. As jy ’n sekere speler die opsie gee, sal hy die Britse Leeus bó die Olimpiese Spele kies.

“Dis ’n ongelooflike groot gebeurtenis vir ’n speler in vyftiens en nie almal kry daardie geleentheid om teen hulle te speel nie.”

Die grootste vraag nou, met sport wat nog nie in Suid-Afrika gaan hervat nie, is of die toernooie in Parys, Londen, Hongkong en Singapoer nog voortgaan.

“Vir almal is die onsekerheid egter dieselfde en ons het tentatief al planne op die tafel gesit ten opsigte van waarheen ons wil gaan vir die Spele.”

Hulle het vandeesweek vier aanlyn sessies gehou wat gefokus het op die span se kultuur, hul verdediging, hul geestelike ingesteldheid en hul vaardighede van die rugbyveld af.

Dr. Jannie Botha, die span se kopdokter, het die sessie oor hul geestelike ingesteldheid aangebied, terwyl Hilana Claassens van MyPlayers op sake van die rugbyveld af gefokus het.

“Ons kyk daarna om oor die volgende weke minstens drie sessies per week te hê.

“Een wat fokus op afrigting, een wat gerig is op hul geestelike ingesteldheid en die derde op hul opvoeding.”

Meer oor:  Neil Powell  |  Wêreldbeker  |  Blitsbokke  |  Afrigter  |  Sewesrugby  |  Koronavirus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.