Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
‘Dis soos om gewonde dier te jag’

Die Blitsbokke se vertoning in hul laaste groepwedstryd Saterdag by die sewestoernooi in Parys was dalk ’n tydige wekroep, sê die span se afrigter, Neil Powell.

Die Blitsbok Cecil Afrika soek Saterdag deurkomkans teen Kenia. Foto: Wêreldrugby

Die Blitsbokke het die dag onoorwonne afgesluit deur Wallis (22-7), Kenia (29-12) en Australië (19-17) te klop, en hulle kom nou Sondag in die kwarteind teen Samoa te staan.

Maar Suid-Afrika het so byna teen die Aussies in sy laaste wedstryd van die dag vasgeval.

“Ons sal na daardie laaste wedstryd moet kyk. Miskien is dit die motivering wat ons nodig het vir môre se wedstryd,” sê Powell.

Die Blitsbokke het duikslae teen die Aussies verbrou en omgekeerde besit afgestaan, terwyl die Australiërs ook twee drieë gedruk het met net ses spelers op die veld.

Die eerste twee wedstryde was beslis ook nie maklik nie, Wallis en Kenia veg immers om oorlewing, om relegasie in die reeks vry te spring en het die Blitsbokke laat sweet.

"Ons sal na daardie laaste wedstryd moet kyk. Miskien is dit die motivering wat ons nodig het vir môre se wedstryd."

“Ek is tevrede met die spelers se poging in daardie eerste twee wedstryde (teen Wallis en Kenia). Dit is altyd moeilik wanneer jy teen spanne speel wat veg vir hul oorlewing.

“Dit is omtrent soos om ’n gewonde dier te jag, dit is ’n gevaarlike ding en as jy nie bewus is van die poging wat hulle gaan insit nie, kan jy jou in die moeilikheid bevind, sê Powell.

Teen Kenia was die Blitsbokke teen rustyd met 10-12 agter, en was daar hersenskimme van ’n vernedering. Suid-Afrika het egter in die tweede helfte die Keniane behoorlik van die veld af gespeel.

“Ek is gelukkig met hoe die spelers deur daardie eerste twee wedstryde gegaan het, veral ná rustyd teen Kenia. Dit was baie naby en die ouens het goed gedoen om hulle weg te sit,” sê Powell.

Slaag die Blitsbokke daarin om die Samoane Sondag te klop, sal hulle in die halfeind teen of Nieu-Seeland of Argentinië te staan kom.

Amerika en Fidji wat dit uitspook om die titel van die reeks, sal na verwagting in die ander halfeind teen mekaar te staan kom. Amerika pak Kenia in sy kwarteind, terwyl die Fidjiane en Frankryk in die ander kwarteindstryd slaags gaan wees.

* Engeland se treurmare in sewesrugby duur voort. Die Engelse, wat verlede naweek op hul tuisveld nie die uitspeelrondes kon haal nie, is weer in dieselfde bootjie. Hulle kon nie een sege Saterdag behaal nie.

* Die bepalings vir Sondag se kwarteindronde: 11:28: Fidji t. Frankryk; 11:50: VSA t. Kenia; 12:12: Nieu-Seeland t. Argentinië; 12:34: Suid-Afrika t. Samoa.

Alle wedstryde is regstreeks op SS 7.

Meer oor:  Neil Powell  |  Blitsbokke  |  Sewesreeks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.