Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Powell hou kaarte styf teen bors

Diegene wat gehoop het dat Neil Powell, afrigter van die Blitsbokke, se spankeuses vir die naweek gaan verklap watter spelers in die binnebaan vir die Olimpiese Spele is, sal nog ’n bietjie moet vasbyt.

JC Pretorius in aksie vir die Blitsbokke in die Sydney-sewestoernooi in 2020 in Australië. Foto: Gallo Images

Powell het Vrydag twee spanne aangewys vir die naweek se kragmetings in Stellenbosch. Dié twee spanne, saam met Uganda, Zimbabwe, Kenia en die Stellenbosch-Sportakademie (SAS), neem daar deel.

Suid-Afrika “1” word aangevoer deur Siviwe Soyizwapi, die gereelde kaptein van die Blitsbokke, en sluit spelers soos Ruhan Nel, JC Pretorius, Branco du Preez en Selvyn Davids in.

Twee spelers van die akademie, Lubabelo Dobela en Shilton van Wyk, wat nog nie vir die Blitsbokke gespeel het nie, is ook in die span.

Soyizwapi-hulle kom Saterdag teen Uganda (09:00), Kenia (11:30) en Zimbabwe (14:30) te staan.

Impi Visser sal Suid-Afrika “2” aanvoer. In dié span se geledere is bekendes soos Justin Geduld, Kurt-Lee Arendse, Ryan Oosthuizen en James Murphy. ’n Hele paar spelers van die akademie soos Qamani Kota en Tiaan Pretorius is in dié span.

Kurt-Lee Arendse kry die naweek die geleentheid om Neil Powell te oortuig dat hy hom by sy groep vir die Olimpiese Spele later vanjaar moet insluit. Foto: Gallo Images

Visser-hulle kom Saterdag teen SAS (09:40), Uganda (11:50) en Kenia (13:50) te staan.

Powell onderstreep dat die spankeuses gemaak is om te verseker dat die naweek se wedstryde met die groter prentjie in gedagte van waarde is.

“Met die spankeuses vir die naweek wou ons twee ewe sterk spanne hê en verseker dat sekere ouens genoeg wedstrydtyd kry,” sê Powell.

“Veral ouens wat van 15’s af teruggekom het, soos Kurt-Lee Arendse, wat lanklaas regtig sewes gespeel het. En ook Ruhan Nel, wat Maandag by ons aangesluit het.

“Dit is regtig vir ons belangrik om daardie ouens soveel moontlik wedstrydtyd te gee, sodat hulle weer terug kan kom in die ‘sewes-manier’.”

Spelers wat nog rehabilitasie ondergaan en nie die naweek in aksie sal wees nie, is Muller du Plessis, Mfundo Ndhlovu, Neil Maritz, Christiaan Smit, Dalvon Blood, Shaun Williams en Darren Adonis.

Suid-Afrika 1: Siviwe Soyizwapi (k), Chris Dry, Christie Grobbelaar, JC Pretorius, Zain Davids, Sako Makata, Branco du Preez, Selvyn Davids, Dewald Human, Lubabelo Dobela, Shilton van Wyk, Ruhan Nel, Angelo Davids.

Suid-Afrika 2: Impi Visser (k), Khanya Ncusane, Tiaan Pretorius, Ryan Oosthuizen, James Murphy, Mervano da Silva, Ronald Brown, Qamani Kota, Justin Geduld, Latica Nela, Kurt-Lee Arendse, Sibiya Pule, Connor Mahoney.

• Die wedstryde word regstreeks uitgesaai op Rugby Afrika se Facebook-blad en YouTube-kanaal, sowel as op Springbok-rugby se YouTube-kanaal.

Meer oor:  Sewesrugby  |  Neil Powell  |  Blitsbokke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.