Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Powell kies sterk span vir Oktoberfest

Die Blitsbokke sal met ’n sterk en ervare span na Duitsland opruk vir die Oktoberfest-sewestoernooi wat in München tussen 21 en 22 September gehou word .

Neil Powell het nie te veel gewaag nie en ’n rits spelers met ervaring van Wêreldrugby se sewesreeks gekies.

Impi Visser sal saam met die Blitsbokke na Duitsland reis.Foto: Gallo Images

Siviwe Soyizwapi sal die span lei met Branco du Preez (71 toernooie) en Chris Dry (69 toernooie) wat albei ook na Europa vlieg.

Zain Davids, Mfundo Ndhlovu, James Murphy en Stedman Gans keer almal terug nadat hulle deur die beseringspook besoek is gedurende die 2018/’19-reeks.

Suid-Afrika is ingedeel saam met Nieu-Seeland, Engeland en Australië.

Groep B bestaan uit Duitsland, Fidji, die VSA en Frankryk.

Powell sê hy was effe beperk wie hy kon kies.

“Ons het ouens wat terugkeer van beserings af, ons het ervare spelers en ons het ook ’n paar jong ouens wat gretig is om hul stempel af te druk en moontlik sterre in die toekoms kan word,” het hy gesê.

Daar is ’n paar veranderinge wat ons instel en ek wil sien hoe dit vir ons gaan uitwerk.
Neil Powell

“Van die spelers wat deel was van hul provinsies se aanslag tydens die Curriebeker-reeks en vir hul onderskei ouderdomgroepe gespeel het, is nog nie oorweeg nie, terwyl Cecil Afrika en Justin Geduld steeds rehabilitasie ondergaan vir beserings.

“Mfundo en James het nie veel vir ons tydens die afgelope seisoen gespeel nie, so dis goed om hulle vroeg ’n geleentheid te kan gee om ’n saak te stel vir die nuwe seisoen.

“Nietemin is ek baie gelukkig met die groep en gretig om te sien hoe ons in München sal vaar,” het Powell verduidelik.

Die breier meen dat hy in Duitsland ’n paar nuwe tegniese veranderinge wil uittoets.

“Daar is ’n paar veranderinge wat ons instel en ek wil sien hoe dit vir ons gaan uitwerk. Ons is steeds in ons kondisioneringsfase, so ons weet dat ons nie so skerp gaan wees soos wat ons kan nie, maar dis nie die einde van die wêreld nie.

“Ons bou met die oog op die nuwe seisoen, so as daar foute is, sal dit (die toernooi) ’n goeie aanduider vir ons wees.”

Die span sal op 18 September vertrek. – Sportredaksie

Die Blitsbokke se groep is: Chris Dry, Ryan Oosthuizen, Impi Visser, Zain Davids, James Murphy, Mfundo Ndhlovu, Branco du Preez, Selvyn Davids, Kurt-Lee Arendse, Dewald Human, Siviwe Soyizwapi (kaptein), Stedman Gans.

Program vir Saterdag 21 September:

15:06: Nieu-Seeland.

17:29: Engeland.

20:14: Australië.

Meer oor:  Oktoberfest-Sewes  |  Sewes  |  Neil Powell  |  München  |  Blitsbokke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.