Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Powell weet moeilike gesprekke wag

Diegene wat wonder wie die uitverkore spelers is wat die Blitsbokke oor ’n paar weke by die Olimpiese Spele gaan verteenwoordig, sal moet vasbyt totdat dié span aan die einde van die maand aangekondig word.

Die Blitsbokke se oefenkamp van byna twee weke in Johannesburg het Saterdag tot ’n einde gekom. In dié tyd het die span wedstryde teen die All Stars en die Universiteit van Johannesburg gespeel – alles in ’n laaste poging deur die spelers om een van die uitverkorenes vir Tokio te wees.

Neil Powell by die oefenkamp in Johannesburg. Foto: Gallo Images

Neil Powell, afrigter van die nasionale sewesspan, gee toe die vooruitsig dat hy sommige spelers sal moet meedeel dat hulle nie die paal gehaal het nie, is iets waarteen hy opsien.

Die Blitsbokke se groep vir die Spele sal bestaan uit 12 spelers, plus twee reisende plaasvervangers.

“Dit is die moeilikste gedeelte, om aan ’n speler te sê dat hy nie die span gehaal het nie. Ek het egter geleer dat eerlikheid altyd die beste manier is om so iets te benader, maar dit is steeds nie ’n lekker gesprek om te hê nie,” sê Powell in ’n verklaring van die Suid-Afrikaanse Rugbyunie.

Benewens die “toer” na die Goudstad, was die oefenkamp ook ’n geleentheid vir Powell om die span se taktiek met die oog op glorie in Tokio in die praktyk te toets. En dalk ’n verstellinkie te maak waar nodig.

Dit is die moeilikste gedeelte, om aan ’n speler te sê dat hy nie die span gehaal het nie.
Neil Powell

Vir die afrigterskorps was die tyd in die noorde ook van waarde om die spankultuur ’n hupstoot te gee.

“Ons kon tyd saam deurbring en daar was geen afleiding nie. Ons kon in die aande vergader indien dit nodig was, omdat almal saam was,” sê Powell.

“In Stellenbosch (die Blitsbokke se basis) sou die spelers huiswaarts gekeer het (ná oefeninge), maar hier was die fokus deurentyd op die span en wat ons wil bereik.”

Die Blitsbokke vertrek op 12 Julie na Japan. Die spelers sal nou ’n paar dae se blaaskans kry voordat die span aangekondig word en die laaste paar oefensessies op tuisbodem sal plaasvind.

Meer oor:  Olimpiese Spele  |  Neil Powell  |  Tokio  |  Blitsbokke  |  Johannesburg
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.