Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Priestland onseker oor insluiting

Die Walliese losskakel Rhys Priestland glo dat hy nie verkiesbaar was vir die Wêreldbekertoernooi nie omdat hy in die Engelse Premierliga gebly het.

Die 32-jarige Priestland, wat deesdae sy rugby vir Bath speel, het 50 wedstryde vir die nasionale span op sy kerfstok, maar het steeds tien toetse te min ingevolge waarvan spelers wat nie in Wallis speel nie, steeds vir die Rooi Drake kan kwalifiseer.

Die Walliese losskakel Rhys Priestland glo dat dit nie moontlik sou wees om hom te kies vir die Wêreldbekertoernooi nie.Foto: Getty Images

Hy sê hy is bereid om in die Wêreldbeker in Japan vir sy nasionale span uit te help sou daar ’n beseringskrisis wees, maar hy meen dit is onwaarskynlik dat dit sal gebeur.

“Ek dink nie ek kwalifiseer nie,” het hy aan BBC Sport Wales gesê.

“Ek weet eerlikwaar nie wat die situasie is nie. Ek het verlede jaar daaroor gepraat, maar ek kon geen antwoorde kry nie. So ek neem aan dat ek nie kan speel nie, want ek het net 50 vertonings (vir die nasionale span).”

Wallis het reeds die losskakel Gareth Anscombe aan ’n besering verloor, wat Warren Gatland genoop het om Dan Biggar en Rhys Patchell as sy twee losskakels te kies.

Patchell het ’n kopbesering teen Ierland opgedoen maar het steeds saam met die span gevlieg, met Jarrod Evans wat op bystand is as plaasvervanger.

Sou daar enige verdere beserings in dié posisie wees, kan Priestland moontlik nader getrek word

“As jy enigiemand vra sal hulle sê dat hulle in ’n Wêreldbeker wil speel,” het Priestland gesê.

Daar bestaan al ’n geruime tyd onsekerheid oor of die reël op Priestland van toepassing is aangesien geen plaaslike klubspan in Wallis hom ’n kontrak aangebied het voordat hy met Bath geteken het nie.

Dit was ’n absolute gemors en ’n bloedbad daar. Spelers was sonder kontrakte en het nie geweet wat gaan gebeur nie, so daar was tydelike druk.
Rhys Priestland

Hy het in Januarie aangedui dat hy sy Engelse klubspan aan die einde van die 2018-’19-seisoen sal verlaat voordat hy in April aangekondig het dat hy ’n kontrak van twee jaar gesluit het.

Priestland het wel in daardie tyd voor hy sy kontrak verleng het, gesê dat hy oorweeg dit om terug te keer nadat hy Scarlets in 2015 verlaat het.

Maar die onsekerheid oor die toekoms van plaaslike Walliese klubspanne het dit in die wiele gery.

Dit kom nadat die samesmelting van die Ospreys en Scarlets misluk het.

“Dit was ’n opsie en ek het met ’n paar mense gesels, maar die gesprekke het nie verder as dit gegaan nie,” het hy gesê.

“Dit was ’n absolute gemors en ’n bloedbad daar. Spelers was sonder kontrakte en het nie geweet wat gaan gebeur nie, so daar was tydelike druk.

“Dit het so lank gevat. Ek het ’n paar maande op my kontrak oorgehad en was onder druk van ander mense om besluite te neem en ek kon geen antwoorde kry nie.

Priestland sê hy hoop daar is nou ’n groter mate van stabiliteit in Wallis en dat hy ook gelukkig is by Bath.

“Ek is mal oor my tyd by Bath. Dis ’n goeie klub en ek is gelukkig om vir twee jaar hier te kan bly.”

Wallis speel sy eerste Wêreldbekerwedstryd op 23 September teen Georgië in die stad Toyota. – Sportredaksie, BBC

Meer oor:  Rhys Priestland  |  Warren Gatland  |  Wêreldbekerrugby  |  Bath  |  Wallis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.