Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Pro14-breier kap SA blaser Berry

Johan Ackermann bevraagteken die konsekwentheid van rooikaart-beslissings in die Engelse Premierskap, terwyl die Suid-Afrikaanse skeidsregter Stuart Berry vir sy vertoning die naweek in Europa gekap is.

Die Suid-Afrikaanse skeidsregter Stuart Berry. Foto: Getty Images

Rugby365 berig John Mulvihill, die Cardiff Blues se Aussie-afrigter, sê hy is “siek” vir die standaard van die blasers in die Pro14-reeks.

Mulvihill se kommentaar ná sy span se nederlaag met 12-16 teen Ulster in Belfast verlede naweek kan hom in die sop laat beland by Pro14-amptenare.

Die voormalige hulpafrigter van die Western Force het hom in die openbaar uitgelaat oor Berry en sy assistente.

“Ons is nie gelukkig met die wyse waarop die wedstryd hanteer is nie en ek bereik ’n stadium waar ek siek raak daarvoor,” sê Mulvihill.

“Daar is baie op die spel in rugby. Mense verloor hul werk en spelers verloor hul rol. Dinge moet beter raak as dit.”

Mulvihill is kwaad oor ’n klompie beslissings laat in die wedstryd, veral die geelkaart wat Cardiff se Walliese toetsslot Seb Davies ontvang het.

“Ons het baie naby aan ’n sege gekom, maar die wyse wat die wedstryd aan die einde deur die skeidsregter hanteer was, was nie reg nie.

“Dit was regtig ’n goeie wedstryd en goeie mededinging, ek voel net dat ons nie ons belonings naby die einde van die kragmeting ontvang het nie.”

Indien die Aussie vir sy uitlatings aan die pen ry, word hy die tweede afrigter van ’n Walliese span in twee weke wat getug word.

Bernard Jackman, afrigter van die Dragons, is vir twee weke van sy span se wedstryde op die stadion verban.

* Ackermann, Gloucester se breier, is bekommerd oor die gebrek aan konsekwentheid rondom rooikaart-beslissings in Engeland.

Die Worcester-heelagter Chris Pennell is strafkas toe gestuur nadat hy ’n teenstander in die lug geduik het in Gloucester se sege met 36-16 verlede seisoen.

Ackermann het aan die Daily Telegraph gesê hy meen die geelkaart was regverdig, maar dat rooikaarte al voorheen aan sy span uitgedeel is vir soortgelyke oortredings.

“Ek hou nie van rooikaarte nie want dit vat die mededinging uit ’n wedstryd weg, maar in die verlede was daar soortgelyke voorvalle wat met rooikaarte gestraf is,” sê hy.

“Die realiteit van die sport is dat spelers se veiligheid eerste gestel word, maar ons verstaan nie altyd die beslissings nie omdat hulle in ’n oogwink gemaak word.

“Ek dink rooikaarte moet vir blatante oortredings uitgedeel word, soos ’n vuishou of ’n skop, waar daar geen verskonings kan wees nie.”

– Sportredaksie

Meer oor:  Johan Ackermann  |  Pro14  |  Stuart Berry
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.