Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Pro14-buiging wink vir Wilmar Arnoldi

’n Terugslag het die Cheetahs voor hul vertrek na Ierland getref met die plaasvervangerhaker Reinach Venter, wat ’n enkelbesering opgedoen het.

Wilmar Arnoldi tydens ’n oefening in die Toyota-stadion Maandag. Hy kan Saterdag in Galway teen Connacht sy Pro14-buiging vir die Cheetahs maak. Foto: Mlungisi Louw

Sy besering maak die deur oop vir Wilmar Arnoldi om sy Pro14-buiging te maak.

Hy het die laaste vyf weke hard saam met die vergrote groep oefen nadat hy hom vanaf Griekwas by die Cheetahs aangesluit het met ’n kontrak van twee jaar.

“Die coach moet eers die span kies maar ek sien baie uit om te speel as ek die geleentheid gaan kry,” sê Arnoldi.

Hy het verlede jaar nog as Maties-speler saam met Hawies Fourie, die Cheetahs se nuwe hoofafrigter, die Varsitybeker-reeks gewen.

“Hawies is ’n ongelooflike afrigter en ek sien baie uit daarna om weer saam met te werk hier by die Cheetahs.”

Hy sê dit sal vir hom ’n groot eer wees om die Cheetah-trui oor die kop te trek, maar vir eers is hy gefokus om alles in sy vermoë te doen om eers die wedstryd-23-tal te haal en gaan hy niks vooruitloop nie.

Arnoldi is een van vier erkende hakers in die groep, waarvan twee – Venter en Marnus van der Merwe – verlede seisoen onderskeidelik na stut en flank geskuif is.

Met die vertrek van Jacques du Toit na die Southern Kings ná afloop van vanjaar se Curriebeker-reeks, is Venter terug haker toe geskuif. Van der Merwe herstel nog van ’n voetbesering.

“Beserings is deel van die spel, dit kom almal oor. As jy dus jou kans kry om te speel in die plek van ’n beseerde, moet jy die beste daarvan maak,” sê Arnoldi.

Venter was Maandag met die span se laaste oefening ’n toekouer voordat hulle Dinsdag na Ierland vertek.

Hy kan, indien hy fiks verklaar word, volgende Maandag Wallis toe vlieg om by die groep aan te sluit vir die twee oorblywende toerwedstryde teen die Scarlets en die Cardiff Blues.

“Ek het sleg getrap tydens oefening verlede week en my enkel gerol. Dis gelukkig nie té ernstig nie, maar ek sal seker so 10 dae moet rus,” sê Reinach wat in ’n enkelstut tydens Maandag se oefening was.

Meer oor:  Wilmar Arnoldi  |  Pro14  |  Cheetahs
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.