Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Oud-Bok pak Kings-strydros in skrums

Die voormalige Springbokstut Werner Kruger sal Sondag die Scarlets in hul Pro14-wedstryd in Wallis teen die Southern Kings aanvoer.

As hierdie kaptein praat, beter jy luister! Werner Kruger voer Sondag die Scarlets teen die Kings aan. Foto: Gallo Images

Dié 35-jarige veteraan, wat al in meer as 300 eersterangse wedstryde en vier toetse vir die Bokke gespeel het, kom in dié kragmeting teen nog een van die strydrosse van Suid-Afrikaanse rugby te staan.

Schalk Ferreira, die Kings se loskopstut, sal teen Kruger sak. Die 36-jarige Ferreira, wat dalk ongelukkig is om nooit ook vir die Bokke te gespeel het nie, het self ongeveer 200 eersterangse wedstryde agter die blad.

’n Mens kan dus maar weet dat daar ’n interessante stryd tussen dié twee uitgeslape voorrymanne gaan wees.

Die Kings se vaste skrum vertoon sover hierdie seisoen bietjie meer wisselvallig as die Scarlets s’n, so Ferreira sal dalk al sy kundigheid en vernuf nodig hê as hy minstens sy persoonlike stryd teen Kruger wil wen.

Die Kings het nie te veel aan hul span, wat verlede naweek met 68-3 deur Munster verneder is, getorring nie.

Courtney Winnaar vervang Andell Loubser op heelagter.

Schalk Ferreira, hier by ’n vorige geleentheid teen die Scarlets in aksie, is die man wat teen Werner Kruger in die vaste skrums gaan sak. Foto: Gallo Images

In die middelveld keer Howard Mnisi terug en daarom skuif Erich Cronjé uit na vleuel met Eddie Ludick wat sy plek verloor.

Voorlangs is Elrigh Louw terug op agtsteman. Met hom daar, skuif Ruaan Lerm na flank en Bobby de Wee skuif af na die plaasvervangersbank.

Robbi Kempson, die Kings se waarnemende hoofafrigter, het wyslik besluit om Demetri Catrakilis as losskakel te behou.

Met die ongure weer wat verwag word, sal die Kings hoop die ervare Catrakilis druk sy stempel op die wedstryd af met sy skopskoen.

Die Kings se voorbereiding vir die kragmeting was nie juis waffers nie. In Ierland het dit gesneeu wanneer hulle wou oefen en in Wallis sous dit glo behoorlik.

Spanne

Scarlets: Angus O’Brien, Corey Baldwin, Kieron Fonotia, Paul Asquith, Steff Evans, Dan Jones, Kieran Hardy, Uzair Cassiem, Josh MacLeod, Aaron Shingler, Sam Lousi, Tevita Ratuva, Wrner Kruger (k), Taylor Davies, Phil Price. PLAASVERVANGERS: Ifan Phillips, Dylan Evans, Javan Sebastian, Steve Cummins, Dan Davis, Dane Blacker, Ryan Conbeer, Tom Rogers.

Southern Kings: Courtney Winnaar, Christopher Hollis, S’bura Sithole, Howard Mnisi, Erich Cronje, Demetri Catrakilis, Stefan Ungerer, Elrigh Louw, Ruaan Lerm, Luanda Badiyana, JC Astle (k), Jerry Sexton, Rosouw de Klerk, Jacques du Toit, Schalk Ferreira. PLAASVERVANGERS: Alandre van Rooyen, Xandre Vos/Ig Prinsloo, Pieter Scholtz, Aston Fortuin, Bobby de Wee, Thembelani Bholi, Josh Allderman, Edie Ludick.

  • Skeidsregter: Andrew Brace.
  • Afskop Sondag: 19:15 (SS 1).


Meer oor:  Scarlets  |  Pro14  |  Kings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.