Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Pro14-reeks van baan . . . of is dit?

Die Pro14-reeks is in die gedrang nadat die eindstryd-datum van 20 Junie Vrydag gekanselleer is en die opskorting van die reeks weens Covid-19 nou vir ’n onbepaalde tyd sal geld.

Die Celtic Rugbyraad het vandeesweek tydens ’n telekonferensie ’n streng lys van kriteria uiteengesit vir die reeks om hervat te word. Geen besluite sal geneem word oor wanneer dit weer voortgesit sal word voordat al die deelnemende lande nie ál die kriteria nakom nie, lui ’n Pro14-verklaring.

Die Pro14-trofee. Foto: Getty Images

Dit behels onder meer dat gesondheidsowerhede die opskorting vir die hervatting van sport en oefeninge moet laat vaar, dat daar nie ’n reisverbod tussen die lande mag wees nie en dat daar nie meer isolasie of kwarantynvereistes is wanneer spanne in ’n land aankom nie. Die welstand van spelers moet voorts verseker word.

Diegene wat kaartjies vir die eindstryd in Cardiff gekoop het, sal hul geld terugkry. Altesaam 47 128 mense het verlede jaar se eindstryd tussen Leinster en die Glasgow Warriors in Glasgow bygewoon.

Voorstelle van hoe om die seisoen voort te sit, sal intussen hersien word, sê die Pro14 in sy verklaring.

Die span met die meeste ligapunte sal die gasheer wees sou daar dan later moontlik ’n eindstryd wees.

Die organiseerders sal eers weer as daar vordering is ten opsigte van die uitgesette kriteria, kommentaar lewer.

Die Engelse Rugbyunie (RFU) het intussen Vrydag aangekondig dat alle rugby buiten sy Premierliga van die baan is vir die seisoen.

Dit sal goed wees as die Curriebeker-reeks ’n dubbelronde is, maar dan moet dit nie met die Pro14-reeks oorvleuel nie
Harold Verster

Die Cheetahs se breier, Hawies Fourie, sê hulle wag ook maar in spanning op nuus oor wat die pad vorentoe inhou.

“Die kompetisie is uitgestel sonder dat die organiseerders weet wanneer dit weer sal hervat,” sê hy van die Pro14-verklaring.

“Dit beteken steeds nie dat dit heeltemal afgestel is nie, ofskoon dit so wil voorkom.

“Dit lyk tog of daar nog ’n kans is dat die kompetisie hervat kan word. Dis hoe sake nou staan en ons sal seker binne twee weke weet wat aangaan,” sê Fourie.

Vroeër is berig dat SA Rugby intussen plaaslike wedstryde vir sy spanne oorweeg, soos in Australië en Nieu-Seeland.

Daar was ook sprake dat die Pro14-spanne teen Superrugby-spanne kan speel.

Daar word ook nou genoem dat die Curriebeker-reeks moontlik oor twee rondes beslis kan word as die ander reekse in die slag bly.

“Dit sal goed wees as die Curriebeker-reeks ’n dubbelronde is, maar dan moet dit nie met die Pro14-reeks oorvleuel nie,” sê Harold Verster, uitvoerende hoof van die Cheetahs.

“Ek het ’n paar voorstelle in die verband gedoen. Trouens, almal (van die ander unies) het dit gedoen.”

Meer oor:  Harold Verster  |  Hawies Fourie  |  Koronavirus  |  Pro14  |  Cheetahs  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.