Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Pro14 se rugbybase maak planne

’n Eindstryd tussen die twee konferensievoorlopers in die Pro14-rugbyreeks, Edinburgh en Leinster, kan dalk vanjaar die laaste sê in dié reeks hê.

Leinster het in 2019 die Pro14-reeks gewen toe hulle die Glasgow Warriors in die eindstryd geklop het. Dié Ierse klub is in die binnebaan om dalk weer in die eindstryd te speel. Foto: Getty Images

Die organiseerders van die reeks kyk na verskeie moontlikhede om die seisoen sinvol af te sluit, nadat die reeks in Maart weens die Covid-19-pandemie onderbreek is.

Die besluitnemers wil dit ten alle koste vermy om nie ’n kampioen te kroon nie.

’n Ander voorstel wat genoem word, is ’n verkorte veldtog met ’n halfeindronde en eindstryd.

In dié geval sal twee ander Ierse klubs, Munster en Ulster, sake saam met Edinburgh en Leinster uitspook.

Die koronavirus het dié jaar se rugbykalender in totale chaos met ook die Sesnasies-reeks wat nog nie afgehandel is nie.

Al die plaaslike klubligas in Skotland is sedertdien nietig verklaar.

Ook die Superreeks sal waarskynlik nie voltooi word nie nadat Sanzaar op 14 Maart halt geroep het vanweë die virus.

Die Haaie sal in ’n gunstige posisie wees sou ’n soortgelyke scenario vir die Superreeks beplan word.

Die Durbaniete is boaan die algehele puntelys met 24 punte, gevolg deur die Brumbies en die Crusaders (albei 23).

Wêreldrugby het onlangs gesê hy is hoopvol dat die Julie-toetsreekse nie in die slag sal bly nie. – Sportredaksie, bbc.com

Meer oor:  Superugby  |  Pro14  |  Edinburgh  |  Leinster  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.