Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Pro14 se sterre kry ook kans by Bokke

Rassie Erasmus kyk nie net Superrugby nie, maar is ook goed op die hoogte van hoe die spelers van die Cheetahs en Kings in die Pro14-reeks vaar.

’n Bewys daarvan is dat hy die Kings se Yaw Penxe al vanjaar na een van die Springbokke se twee belyningskampe genooi het.

Yaw Penxe

’n Uitnodiging is ook in die pos vir die Cheetahs se Joseph Dweba om in Maart een van die Bokke se kampe by te woon.

Die Bokke se belangstelling in Penxe en Dweba sal spelers van hul franchises twee keer laat dink of dit nodig is om na ’n Superrugby-franchise te skuif as hulle nog ’n Bok wil word.

Daar is juis sterk sprake dat Sintu Manjezi, een van die Cheetahs se staatmakers, se kop Kaap toe staan. Dis nie net die Stormers wat sy uithalerspel vir die Cheetahs op slot raakgesien het nie, maar ook die Haaie en oorsese klubs.

Joseph Dweba

Die 22-jarige Penxe is een van die beste afronders in die Pro14-reeks.

Dié voormalige Junior Bok het aan Queen’s College gematrikuleer en soos Makazole Mapimpi, eers vir die Grens-Bulhonde gespeel voordat hy hom in Port Elizabeth gevestig het. Penxe is ewe gemaklik op vleuel as op heelagter.

Die 24-jarige Dweba het soos Penxe vir die Junior Bokke gespeel. Dié oudleerling van die Hoërskool Florida was einde verlede jaar vuurwarm en is as SA Rugby se Curriebeker-Speler van die Jaar aangewys.

Hy is ’n monster in die vastelos. As hy bestendigheid kan wys met sy lynstaan-ingooie is hy, Akker van der Merwe en Scarra Ntubeni van die gunstelinge om Schalk Brits, wat uitgetree het, se plek in die Bokgroep oor te vat.

  • Die Bokke se laaste belyningskamp is verlede naweek in Johannesburg gehou en is deur spelers van die Leeus, Stormers en Bulle bygewoon.
Meer oor:  Cheetahs  |  Kings  |  Pro14-Reeks  |  Rassie Erasmus  |  Superrugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.