Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Pro14-seisoen onbepaald opgeskort

Die Cheetahs se voorbereiding vir hul volgende Pro14-wedstryd teen die voorloper en kampioen Leinster in Bloemfontein is Donderdagmiddag tot stilstand geruk deur die nuus dat dié reeks weens die uitbreek van die koronavirus onbepaald opgeskort is.

Die span het dié slegte nuus op die oefenveld van hul uitvoerende hoof, Harold Verster, gehoor.

Daar is boonop gerugte dat ander reekse, waaronder die Superrugby-reeks insluit, ook dié maatreël kan tref.

Die Cheetahs se vergrote oefengroep word deur Harold Verster, uitvoerende hoof van die Cheetahs toegespreek tydens oefening Donderdag in Bloemfontein. Foto: Mlungisi Louw

Die organiseerders van die Pro14-reeks – waarin Suid-Afrika se Cheetahs en die Southern Kings speel – het Donderdagaand in verklaring gesê dié groot besluit is geneem omdat die kompetisie in verskillende lande plaasvind en dus met unieke uitdagings gepaard gaan.

Die verklaring sê voorts met die regerings van Italië en Ierland wat reeds duidelike riglyne en beperkings rondom openbare aktiwiteite en reis in werking gestel het, is die besluit om die kompetisie op te skort die gepaste een.

“Dis in die beste belang van almal dat die wedstryde nie in dié tyd gespeel word nie. Die opskorting is deur die raad van Celtic Rugby bekragtig en sal voortdurend gemonitor word,” lees die verklaring verder.

“Dit is ’n ongekende stap en daar kan op die oomblik geen datum verskaf word vir wanneer die opskorting opgehef sal word nie.”

David Jordan, die Pro14-toernooi direkteur, sê die besluit om die reeks op te skort is gemaak met almal se welstand in gedagte.

“Met die toestand wat heeltyd verander in die vyf lande wat deelneem aan die Pro14-reeks, is dit belangrik dat ’n besluit geneem moes word en dit sluit in die aanbevelings van die verskillende lande se regerings wat betrokke is,” sê Jordan.

Sake sal intussen voortdurend gemonitor word voor ’n besluit oor die moontlike hervatting van die reeks gemaak sal word.

Onder die deelnemende Pro14-lande word Italië die swaarste getref deur die koronavirus.

Meer oor:  Koronavirus  |  Pro14  |  Cheetahs  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.