Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Pro18 wink nou vir vyf SA spanne

Die Sanzaar-alliansie kan ’n Covid-19-slagoffer word met Suid-Afrika wat met sy top-rugbyspanne na die Noordelike Halfrond trek.

Die lang vennootskap tussen Suid-Afrika, Nieu-Seeland en Australië, met Argentinië as die jongste vennoot, is klaarblyklik op Superrugby-vlak kapoet nadat Covid-19 se ontwrigting van rugby die wig tussen Suid-Afrika en sy vennote net dieper ingedryf het.

Die Stormers, Bulle, Leeus en Haaie kan na verneem word reeds volgende jaar of in 2022 deel van die Pro14-reeks word. Op die laatste sal die skuif in 2023 gebeur.

Ek dink byna die besluit dat al ons Suid-Afrikaanse spanne volgende jaar in die Pro14 speel, is reeds geneem.

Twee ingeligtes wat hoë poste in franchises in Suid-Afrikaanse rugby beklee, het aan Rapport gesê hulle berei hulle voor om reeds van volgende jaar af in ’n vergrote Pro14-reeks te speel.

“Ek dink byna die besluit dat al ons Suid-Afrikaanse spanne volgende jaar in die Pro14 speel, is reeds geneem omdat daar weens die pandemie sekere beperkings is wat vlugte na Australië en Nieu-Seeland betref,” het ’n ingeligte gesê.

Afhangend van Suid-Afrika se reisbeleid in die toekoms, is vlugte na Europa minder gekompliseerd.

Die ander hooggeplaaste het gesê daar word onder sekere uitvoerende hoofde van die land se franchises oor ’n moontlikheid gepraat dat die Pro14 gou ’n Pro18 word. Daar sal egter net plek vir vyf Suid-Afrikaanse spanne wees.

Een van die SA spanne moet dus uitval.

Twee Suid-Afrikaanse spanne, die Cheetahs en die Kings, is tans deel van die reeks.

Nog ’n hooggeplaaste in SA rugbykringe het egter gewaarsku twee Superrugby-uitsaaikontrakte kan ’n struikelblok vir die Pro18-plan wees. Dié bron glo die kanse is veel beter dat die SA spanne eers in 2023 deel van ’n Pro18-reeks sal word.

Die toernooi werk op die oomblik goed, maar kan beter werk met meer spanne.

Die Walliese webtuiste Wales Online, het gister berig oor die moontlikheid dat die Stormers, Haaie, Bulle en Leeus gou in die Pro14 sal speel. Die webtuiste het verwys na verskeie bekendes in Australië en Nieu-Seeland wat onlangs openlik gesê het Suid-Afrika moet uit Superrugby geskop word.

’n Groep Australiese spelers, onder leiding van die Wallaby-kaptein, Michael Hooper, was glo onlangs betrokke by ’n virtuele gesprek met hul eweknieë in Nieu-Seeland, waar hulle hul gewenste Superrugby-toernooi vir die toekoms bespreek het. Sam Cane, nuwe All Black-kaptein, was deel van die gesprek. Hulle het eenparig saamgestem dat Superrugby, soos sake tans staan, nie meer lewensvatbaar is nie.

Martin Anayi, uitvoerende hoof van die Pro14, is positief oor die moontlikheid dat meer Suid-Afrikaanse spanne in sy reeks kan speel.

“Ons het nog altyd baie belang gestel in Suid-Afrika,” het Anayi aan Wales Online gesê.

“Ons hou van hulle en sien dit as ’n belangrike deel van ons toekoms. Die toernooi werk op die oomblik goed, maar kan beter werk met meer spanne. Dit is dus een moontlikheid.”

Meer oor:  Pro14  |  Superrugby  |  Sanzaar  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.