Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Proudfoot help Allister, Nienaber sê nee dankie
Matt Proudfoot. Foto: Getty

Matt Proudfoot is die wins vir die Springbokafrigter, Allister Coetzee, maar Jacques Nienaber is sy verlies.

Proudfoot sal vir minstens die volgende vier jaar Coetzee se Springbok-regterhand wees nadat hy en die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) tot ’n vergelyk gekom het oor sy aanstelling, wat Saru binnekort sal aangekondig, is op goeie gesag verneem.

Sy kontrak sal glo tot ná die Wêreldbekertoernooi in 2019 geld.

Proudfoot was die afgelope week deel van ’n Bokbestuursgroep wat drie van die land se Superrugby-franchises besoek het.

Die Springbokgroep van 31 spelers vir die toetsreeks in Junie teen Ierland, sal oor sowat twee weke in Stellenbosch saamtrek. Die eerste toets is op 11 Junie op Nuweland.

Proudfoot en Coetzee was as afrigters ’n gedugte kombinasie by die Stormers. Albei was verlede jaar by die Kobe Kobelco Steelers in Japan.

Die 44-jarige Proudfoot, wat in vier toetse vir Skotland gespeel het, het hom as ’n spesialis van voorspelerspel bewys in sy tyd by die Stormers.

Rapport verneem betroubaar Proudfoot sal die Bokpak brei, maar sal dié verantwoordelikheid deel met Johann van Graan, wat lid was van Heyneke Meyer se bestuurspan en in diens van Saru is.

  • Coetzee sal egter sonder Nienaber as verdedigingsafrigter moet klaarkom.

Rapport verneem Nienaber gaan hom in Ierland aansluit by Rassie Erasmus, voormalige direkteur van rugby en die hoof van Saru se mobiele afrigtingseenheid.

Nienaber, wat beskou word as Suid-Afrika se voorste verdedigingsghoeroe, het glo Coetzee se uitnodiging om te help afrig, van die hand gewys. Hy was nou saam met Erasmus in Ierland.

Hoewel nóg Nienaber nóg Saru dit bevestig het, sal hy glo van Julie af saam met Erasmus by Munster inval.

Met John McFarland, die Bokke se vorige verdedigingsbreier, by die Kubota Spears in Japan, kan Coetzee gedwing word om soos destyds by die Stormers, self dié taak te verrig.

Na verneem word, word Nienaber nog betrek vir die toetsreeks teen die Iere. Hy sal glo ook vir Vlok Cilliers, die Stormers se skopafrigter, betrek. – Leighton Koopman en Hendrik Cronjé

Meer oor:  Matt Proudfoot  |  Allister Coetzee  |  Bokke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.