Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Pumas bo in SuperSport-reeks
Craig Barry, kaptein van die Westelike Provinsie, op een van sy kenmerkende lopies in sy span se SuperSport-uitdaag-wedstryd teen Zimbabwe op Nuweland.Foto: Gallo Images

Die Westelike Provinsie, Griekwas en die verdedigende kampioen, die Pumas, is na vier wedstryde in die SuperSport-uitdaagreeks onoorwonne en daar is min tussen hulle te kies.

Die Zimbabwe-akademie was Saterdag nou nie juis die WP se moeilikste teenstanders nie. Dus kan die Streeptruie ietwat teleurgesteld voel dat hulle net 33 punte kon aanteken.

Vir die tuisspan het die skrumskakel, Godlin Masimla, twee keer gedruk terwyl die haker, Chad Solomon, die flank Johan du Toit en die vleuel Edwill van der Merwe ook gaan druk het.

Die Pumas het die Goue Leeus behoorlik op hul baadjie gegee met ’n oorwinning van 51-33 op Ellispark.

Met dié oorwinning het hulle dit duidelik gemaak dat hulle nie hul titel op ’n skinkbord vir enige van die teenstanders gaan gee nie.

Die wedstryd het 11 drieë opgelewer, ses deur die Pumas en vyf deur die Leeus.

Die Vrystaat XV-tal het in ’n stampvol Clive Solomon-stadion in Heidedal die SWD-Arende in ’n drieëfees afgeransel.

Hulle het 10 drieë gedruk en die besoekers met 64-17 verneder. Hulle was rustyd reeds met 45-17 voor.

Die agsteman, Jasper Wiese, het ’n driekuns aan drieë behaal. Die Vrystaters (15) is ná vier wedstryde (en drie oorwinnings) vyf punte agter die WP (20), die voorloper in die Suidelike afdeling.

Die Boland-Kavaliers se onoorwonne status is daarmee heen na hulle Vrydagaand met 28-29 teen die Haaie XV-tal in Durban verloor het. Hulle is met 15 punte in die tweede plek agter die WP en die Vrystaters derde.

In Kimberley het Griekwas die Blou Bulle met 38-17 ore aangesit.

Die Poubloues (20) is die voorlopers in die Noordelike afdeling en hoewel die Pumas met dieselfde punte spog, is Griekwas se punteverskil beter.

Die Griffons het die Namibiese XV-tal sy vierde nederlaag toegedien. Die Perses was met 34-24 baas oor die span uit die buurland.

Die wedstryd tussen die Luiperds en die Valke was tot die einde soos ’n wipwaentjierit, maar die span van Kempton Park het genoeg gedoen om die stryd met 52-50 te wen. Dit was die Luiperds se vierde nederlaag in net soveel wedstryde.

In die Wolfson-stadion in KwaZakhele buite Port Elizabeth het die OP-Olifante die Grens-Bulldogs met 52-3 verniel.

Meer oor:  Pumas  |  Supersport-Uitdaagreeks  |  Wp  |  Griekwas  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.