Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Pumas ‘het Pro14 nodig om te oorleef’

Laat ons asseblief in die Pro14-reeks speel.

Dít was die pleidooi van Jimmy Stonehouse, die afrigter van die Pumas se rugbyspan, ná die Curriebeker-stryd teen die Leeus die afgelope Saterdag op Ellispark.

Jimmy Stonehouse

Stonehouse se span is in die doodsnikke van die kragmeting met 38-37 geklop, nadat hy met net ’n kwartier oor met 37-21 voorgeloop het en die Leeus tot in daardie stadium oorheers het.

Hy het ná die wedstryd die gebrek aan diepte by die Laevelders betreur en sê dit was veral die feit dat hy nie plaasvervanger-stutte gehad het wat die aanvanklike standaard kon handhaaf nie, wat ’n probleem geskep het.

Wat sy stut-krisis betref, sê Stonehouse hy sien die Westelike Provinsie wil van hul stutte uitleen aan ander unies, “maar ons kry nie een van hulle daar by ons nie. En as hulle kom, is daar nie geld om hulle te kan betaal nie.

“Ons bes betaalde speler hier by die Pumas kry maar eintlik net ’n salaris wat jou gemiddelde man daar buite kry.

“Ek is seker die Leeus het ’n begroting wat seker maklik R50 tot R60 miljoen meer is as ons s’n. As ek maar hoor wat Griekwas iemand soos Anthony Volmink moet betaal wat van die Leeus af gekom het, is daar geen manier dat ons ’n speler soos hy sou kon bekostig nie,” sê Stonehouse.

Dit het Stonehouse by sy groot probleem gebring: die finansiële situasie waaronder van die kleiner unies gebuk gaan.

“Ek is baie bekommerd oor borgskappe vir die kleiner unies. Met hierdie verkorte Curriebeker-reeks is daar net drie tuiswedstryde vir ons.

s ons die kans kan kry om in die Pro14-reeks te speel en die ouens kan oorsee vir die Pumas gaan speel, sal dit ook meer spelers van gehalte lok.
Jimmy Stonehouse

“Wie gaan nou geld wil uitgee vir losies en hulle kry net blootstelling in drie wedstryde? Dit is in die geheel net ses wedstryde op televisie.

“Jy kan nie net drie sulke tuiswedstryde wil probeer verkoop nie. Dit is mos niks aanloklik vir ’n potensiële borg nie,” sê hy.

“Ek sou graag ’n dubbele ronde wou hê in die Curriebeker-reeks, want dan kan jy ’n moontlike borg iets tasbaarder bied.

“Dit wys jou maar net dat wenrugby nie altyd vir jou geld verseker nie. Dit gaan oor ’n spesifieke handelsmerk wat gevestig is.

“So ’n jaar of wat gelede het ons die Blou Bulle ’n groot loesing gegee, maar wat het dit vir ons ingebring? Net mooi niks nie.

“Kyk net watter goeie rugby is daar vandag hier (Ellispark) gespeel en daar was nie eens 4 000 toeskouers nie. Daar sal gesê word die Pumas lok nie toeskouers nie,” sê hy.

“As ons die kans kan kry om in die Pro14-reeks te speel en die ouens kan oorsee vir die Pumas gaan speel, sal dit ook meer spelers van gehalte lok.

“Ek het juis my kontrak in Japan waar ek afgerig het voortydig beëindig om weer by die Pumas te kom afrig. Met minder spelers wat ook nou by van die groot unies gekontrakteer gaan word, sal dit van hulle na ons as ’n opsie laat kyk as ons ook groter blootstelling kry.

“Dit is hoekom dit so belangrik sal wees dat ons daardie kans gegun word om in iets soos die Pro14 te speel.

“Al wat ek kan doen, is om te bly bid daaroor,” sê Stonehouse.

Curriebeker-bepalings

Curriebeker-puntelys

Curriebeker-uitslae

Meer oor:  Pumas  |  Pro14  |  Curriebeker  |  Jimmy Stonehouse
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.