Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Pumas kan al oorwinning ‘proe’

Die Pumas se nuwe kaptein, die senter Ryan Nell, het ’n ver pad gestap sedert hy in 2012 sy buiging vir die Blitsbokke gemaak het.

Ryan Nell sê sy troepe is gemotiveer vir die Goue Leeus. Foto: Gallo Images

Jimmy Stonehouse, breier van die Pumas, het verras deur Nell (28) as kaptein aan te wys vir die Laevelders se laaste Curriebeker-wedstryd teen die Goue Leeus Vrydag in Mbombela.

Nell neem die leisels oor by die slot Hugo Kloppers wat nie die wedstrydgroep gehaal het nie.

“Ek voel eintlik nog 24 jaar oud in my loopbaan, omdat ek so baie beserings gehad het,” sê Nell.

Hy het in 2012, terwyl hy nog ’n Matie was, sy buiging vir die Blitsbokke gemaak, waarna hy sy senior buiging vir die Westelike Provinsie gemaak en ook vir die Blou Bulle en Boland uitgedraf het. Hy het hom in 2017 in die Laeveld gevestig.

Hoewel hy nie spyt is dat hy homself nie destyds in die Blitsbok-groep kon vestig nie, het hy nog nie sy droom laat vaar om rugby op ’n hoër vlak te speel nie.

“Ek was destyds (2012) in my finale jaar van studies en toe die geleentheid hom voordoen om ’n honneursgraad te doen, het ek besluit om eerder op my studies te fokus.

“Sewes was lekker, maar as kind was dit my droom om 15-man te speel. As ’n mens onder so baie afrigters gespeel het, brei jou kennis van die spel uit,” sê Nell.

Hy vertel dat sy pa, Desmond, sy grootste held en ondersteuner is en dat geloof ’n steunpilaar in sy lewe is.

Boonop vloei die rugbybloed dik in sy are met sy broer Brendon wat vanjaar deel van Maties se seëvierende Varsitybeker-span was.

Nell is nie onbekend daarmee om ’n leierskaprol te beklee nie. Hy het immers die Boland tydens 2016 se Curriebeker-reeks per geleentheid aangevoer.

“Daar is ’n opgewondenheid onder die spelers vir Vrydag se wedstryd. Dit is nie moeilik om die ouens te motiveer nie.

“Die Pumas kon nog nooit die halfeindronde van die Curriebeker-reeks haal nie, en ons is nou so naby daaraan, jy kan dit omtrent proe,” sê Nell.

Curriebeker: Bepalings

Curriebeker: Puntelys

Curriebeker: Uitslae

Meer oor:  Pumas  |  Leeus  |  Curriebeker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.