Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Pumas klop Leeus met bonuspunt

Die Leeus se treurmare in vanjaar se Curriebeker-reeks duur voort nadat die Pumas hulle in Johannesburg geklop het.

Die Laevelders het Vrydag vyf drieë gedruk om met 36-33 te wen.

Die Leeus se Rabz Maxwane probeer Vrydag verby Etienne Taljaard van die Pumas kom. Foto: Gallo Images

Waar die Leeus in die eerste helfte oorheers het, het die laaste 40 minute aan die besoekers behoort.

Teen rustyd was die telling 21-10 in die Leeus se guns. Rabz Maxwane (vleuel) en PJ Botha (haker) het in die eerste helfte vir die tuisspan gaan druk, met ’n strafdrie wat ook aan hulle toegeken is.

In daardie eerste 40 minute het die Johannesburgers die Pumas laat harde bene kou in die skrums.

Dit was egter nie net in die skrums waar die Pumas in die eerste helfte gesukkel het nie. Hulle is vele male by die afbreekpunte gestraf, met Willie Engelbrecht (agtsteman) en die kaptein, Pieter Jansen van Vuren (slot), wat albei koelkas toegestuur is.

Boonop het die Leeus die meeste van die balbesit gehad. Devon Williams (heelagter) het wel in die eerste helfte vir die besoekers gaan druk, nadat die bal deur ’n paar van sy spanmaats se hande is. Dit het gewys waartoe die Laevelders in staat is.

Vroeg in die tweede helfte het Shane Kirkwood (slot) vir die Pumas gaan druk, om die besoekers se agterstand te laat krimp.

Kort daarna het die besoekers die voortou geneem toe Etienne Taljaard (vleuel) sy eerste drie gaan druk het.

Dit was ook toe dat die Leeus se slot FP Pelser met ’n geel kaart van die veld gestuur is.

Daarna was daar geen einde aan die Laevelders nie, wat duidelik oorgeloop het van selfvertroue. Spelers soos Taljaard, Williams en Matt More (senter) het op die verdediging uitgeblink.

Vir agterspelers om uit te blink, moet die voorspelers oorheers en dit is presies wat die Pumas se agttal in die tweede helfte gedoen het. Hulle het meters veld met rolmaalbewegings gewen en ook lynstaanballe op die Leeus se ingooi gewen.

In die laaste 15 minute het Courtnall Skosan (vleuel) en Sti Sithole (plaasvervangerstut) vir die Leeus gaan druk. Dit het byna gelyk asof die tuisspan, wat nog net een sege in vanjaar se reeks kon behaal, kon wen.

Puntemakers: Pumas 36 (10): Drieë: Devon Williams, Shane Kirkwood, Etienne Taljaard (2), Erich Cronjé. Doelskoppe: Eddie Fouché (4). Strafdoel: Fouché.

Leeus 33 (21): Drieë: Rabz Maxwane, Strafdrie, PJ Botha, Courtnall Skosan, Sti Sithole. Doelskoppe: Jordan Hendrikse (3).

Meer oor:  Curriebeker-Reeks  |  Pumas  |  Leeus  |  Rugby  |  Johannesburg
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.