Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Pumas se beursie leeg; CJ verloor sy werk

Die Pumas se leë beursie het hulle genoop om hul voorspelerafrigter CJ van der Linde die deur te wys.

Só sê Pieter Burger, uitvoerende hoof van dié unie, nadat Van der Linde se kontrak met die Laevelders nie aan die einde van verlede jaar hernu is nie.

CJ van der Linde langs die veld tydens die Pumas se Curriebeker-wedstryd teen die Haaie verlede jaar in Durban. Foto: Gallo Images

“Ek was baie gelukkig met hom, maar die werklikheid is dat ons nie geld het om hom langer in diens te hou nie,” sê Burger.

Die 37-jarige Van der Linde, wat in 75 toetse vir die Springbokke op stut gesak het, is verlede jaar aangestel om die Pumas se voorspelers in die Curriebeker-reeks te brei.

Die Pumas het vier van hul wedstryde in dié reeks gewen, wat ’n oorwinning teen die uiteindelike kampioen, die Westelike Provinsie, ingesluit het.

Burger sê die onsekerheid oor of die Pumas franchise-status sou kry of nie, het ook ’n rol gespeel. Die Suid-Afrikaanse Rugbyunie het eers in Desember aangekondig dat die Pumas en Griekwas ook ’n franchise is.

“Hierdie jaar gaan rof wees. Ja, ons het franchise-status, maar die realiteit is dat ons vanjaar 40% minder aan uitsaairegte as 18 maande gelede sal verdien.

“Wat kan ek aan borge bied? ’n Bietjie blootstelling met die SuperSport-reeks en ’n enkelronde van die Curriebeker-reeks,” sê Burger.

Daar word verwag dat die Pumas en Griekwas eerdaags die Anglo-Welsh-bekerreeks, wat tussen klubspanne van Engeland en Wallis beslis word, sal deelneem. Die reeks het verlede jaar in November begin.

“Dit sal beter van volgende jaar af gaan wanneer ons inkomste van uitsaairegte begin verdien,” sê Burger.

Hy sê dat Brent Janse van Rensburg steeds die Pumas se hoofafrigter is, met MJ Mentz wat die agterlyn- en aanvalsafrigter is.

Burger sê hy het Vrydag met Jimmy Stonehouse gesels wat onlangs as dié unie se direkteur van rugby aangestel is. Daar word verwag dat Stonehouse in die eerste week van Februarie in Mbombela in sy nuwe pos sal aanmeld.

Meer oor:  Pumas  |  Cj Van Der Linde
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.