Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Pumas verander net twee vir eindstryd

Griekwas se gemor oor die Pumas se toewyding tot transformasie het hulle nie tot ander insigte gedwing nie, maar dit is nie of hulle ’n ander keuse gehad het nie.

Devon Williams is terug op heelagter vir die Pumas se SuperSport-eindstryd teen die Griekwas Sondag in Oudtshoorn. Foto: Gallo Images

Die Pumas se uitvoerende hoof Pieter Burger het vroeër vandeesweek gesê hulle word deur beserings lamgelê.

Daar is slegs drie spelers van kleur in hul 22-tal waarvan twee in die beginspan is vir die spanne se SuperSport- eindstryd wat Sondag in Oudtshoorn beslis word.

Verlede week teen die Haaie XV-tal in die halfeindstryd was daar slegs twee, waarvan net een in die beginspan was.

Die heelagter Devon Williams, die vleuel Ruwellyn Isbell en die Springbok-losvoorspeler Hilton Lobberts (bank) is nou die enigste spelers van kleur in die Pumas se groep van 22 spelers.

Twee veranderinge is aan beginspan aangebring.

Die stut De-Jay Terblanche is terug in die opdrafspan in die plek van Simon Westraadt, terwyl die heelagter Devon Williams weer die laaste vesting beman ten koste van Justin van Staden.

Lobberts wat voorheen vir Griekwas gespeel het, sal Brian Shabangu op die bank vervang.

Die Pumas se afrigter, Brent Janse van Rensburg, sê dit was ’n besige week vir die Pumas na hulle gekap is oor transformasie. Hy sê sy fokus was by sy span en Sondag se eindstryd en wou nie oor die samestelling van sy span, of die beseerdes praat nie.

“Ek is veral bly om Devon terug te hê, hy het sekere vaardighede wat in die wedstryd benodig word, terwyl Justin op sy beurt weer sy rol van die bank af sal speel.

“Die spelers het ongelooflik hard gewerk, mekaar behoorlik uitgedaag tydens oefening en ek wens ek kon elke speler ’n kans gee,” sê Janse van Rensburg.

Pumas: Devon Williams, Morné Joubert, Hennie Skorbinski (k), Henko Marais, Ruwellyn Isbell, Chris Smith, Stefan Ungerer, Willie Engelbrecht, Stefan Willemse, Jeandré Rudolph, Cameron Lindsay, Le Roux Roets, Marné Coetzee, Marko Janse van Rensburg, De-Jay Terblanche. PLAASVERVANGERS: Frankie Herne, Simon Westraadt, Hugo Kloppers, Hilton Lobberts, Reynier van Rooyen, Justin van Staden, Trompie Pretorius.

Meer oor:  Pumas  |  Supersport-Uitdaagreeks  |  Griekwas
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.