Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Quade ‘verbaas’ oor Wallabies hom ontbied

Al stel die Australiese owerhede skynbaar nie daarin belang om aan hom burgerskap toe te staan nie, is Quade Cooper meer as tevrede om die Wallabies te help met hul voorbereiding vir die komende reeks teen die All Blacks.

In ’n verrassende wending is die 33-jarige Quade Cooper skielik weer deel van die Wallabies se uitsoekgroep. Foto: Getty Images

Twee weke gelede het die 33-jarige Cooper, wat in Nieu-Seeland gebore is en al 70 toetse vir die Wallabies gespeel het, nog gekla omdat sy aansoek vir Australiese burgerskap weer afgekeur is.

Sondag is die omstrede agterspeler egter op verrassende wyse ontbied om hom by die Wallabies se groep aan te sluit.

Hy sal hierdie week saam met die res van die Wallabies na Nieu-Seeland vertrek vir die eerste Bledisloebeker-wedstryd teen die All Blacks, wat op 7 Augustus op Eden Park in Auckland gespeel word.

Volgens hom sien hy daarna uit om saam met die jong losskakel Noah Lolesio, wat ’n sleutelrol in die Wallabies se onlangse reeksoorwinning oor Frankryk gespeel het, te werk.

“Ek het nie verwag om ooit weer in hierdie posisie te wees nie, so ek is dankbaar vir die geleentheid en dis lekker om weer in die groep te wees,” sê Cooper.

“Ek is net opgewonde oor die moontlikheid dat ek kan help, of dit nou is om ’n jong ou soos Noah – wat ’n opwindende speler is – te kan ondersteun, of net om in die omgewing te wees en ’n ekstra stem te verskaf.

“In terme van die burgerskap-kwessie, ek glo dis iets wat op sy eie tyd uitgewerk sal word.”

Cooper het sy laaste toets in 2017 gespeel en kon nie die Wallabies se groep vir 2019 se Wêreldbeker-toernooi in Japan haal nie.

Hy het sedertdien vir die Kintetsu Liners in Japan klubrugby gespeel.

Cooper het steeds nare herinneringe aan Eden Park, waar die toeskouers hom verskriklik uitgejou het toe die Wallabies daar in 2011 se WB-halfeindstryd teen die All Blacks gespeel het.

In dieselfde WB-toernooi het hy in die uitspeelwedstryd vir die derde plek teen Wallis ’n ernstige kniebesering opgedoen, wat hom van baie van sy vaart beroof het.

Omdat hy sewe weke laas mededingende rugby gespeel het, was sy insluiting in die Wallabies se groep vir hom ’n groot verrassing.

Om die waarheid te sê, hy het nooit gedink hy sou enigsins weer vir die Wallabies gekies word nie.

“Selfs nou, op 33-jarige ouderdom, is ek hier om te leer en soveel inligting as moontlik in te neem,” sê hy.

“Wanneer jy in hierdie omgewing is, het jy ’n goeie rede om jou beste te lewer.

“Jy kan ’n plek in die span kry net deur die wyse waarop jy elke dag oefen.” – Reuters

Meer oor:  Quade Cooper  |  Toetsrugby  |  Rugbykampioenskap  |  Wallabies  |  Bledisloebeker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.