Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Quade wil saam met Sonny Bill liga speel

Die voormalige Wallaby-ster Quade Cooper sê hy wil rugbyliga speel saam met sy goeie vriend Sonny Bill Williams voordat die duo uittree.

Quade Cooper (links) en Sonny Bill Williams is lank reeds goeie vriende. Foto: Getty Images

Williams (34), ’n Wêreldbekerwenner saam met die All Blacks in 2011 en 2015, het hom ná vanjaar se rugbyskouspel in Japan by die Toronto Wolfpack in Kanada aangesluit. Sy kontrak van twee jaar is sowat $10 miljoen werd en maak hom die hoogs betaalde rugbyligaspeler in die wêreld.

Cooper (31) speel tans in Japan vir die Kinetsu Tigers. Stuff berig die losskakel sê hy en Williams bespreek lank reeds die moontlikheid om eendag saam te speel, wat ’n skuif na die Toronto Wolfpack kan beteken.

“Ek wil saam met Sonny Bill speel voordat ons uittree, maar ek sal ook nie omgee om in die NRL (Australië se Nasionale Rugbyliga) mee te ding nie,” sê Cooper.

“As dit nie gebeur nie, gebeur dit nie. Ek is tevrede met wat ek behaal het, maar as die geleentheid hom voordoen, sal ek nie skroom nie.

“Baie mense sê ek sal uitstekend wees en ek weet ek kan liga speel. Teoreties lyk dit vir my eenvoudig, maar fisiek gewys is dit baie moeiliker.”

– Sportredaksie

Meer oor:  Sonny Bill Wil­Liams  |  Quade Cooper  |  Toetsrugby  |  Wallabies  |  All Blacks  |  Rugbyliga
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.